praag.co.za

Swart rasseharmonie wys krake

Written by

in

‘n Indiërvrou van Richardsbaai is uit die gymnasium waar sy lid is geskop en moes ‘n nag agter tralies deurbring omdat sy die woord “kaffir” gebruik het.

Asjika Ramdeen (39) het erken dat sy Jabulani Xebekhulu (34) só genoem het in die Virgin Active-klub op die dorp.

Sy het Donderdag in die Richardsbaaise landdroshof verskyn ná die voorval wat Woensdagaand plaasgevind het.

Ramdeen wou ‘n apparaat gebruik en het ongeduldig geraak vir Xebekhulu wat haar nie ‘n beurt gun nie en uiteindelik gesê “kaffirs will always be kaffirs”.

Na ‘n woordewisseling het Ramdeen hom weer toegesnou dat hy ‘n “stupid kaffir” is.

Hy het daarna ‘n klag by die polisie ingedien en Ramdeen is in hegtenis geneem.

 

Фильчаков прокурор отзывы

Comments

Leave a Reply