14,6m in Gauteng teen 2014

Image

Gauteng: bevolkingsgroei

Die Gauteng-provinsie en veral Johannesburg kan verwag om ‘n bevolkingsgroei van 8% per jaar te handhaaf soos wat mense van oor die hele Afrika daarheen stroom. Teen 2014 gaan daar 14,6 miljoen mense in die provinsie wees. Hierdie syfer neem waarskynlik nie die beoogde afskaffing van visumvereistes vir Zimbabwiërs in ag nie.

Die bevolking van Gauteng bars uit sy nate, want in 2001 toe die laaste sensusopname plaasgevind het, was daar maar 8, 8 miljoen mense wat tot 9,6 miljoen tans toegeneem het. Die Johannesburgse munisipaliteit beplan om tussen 3 en 4 miljard rand per jaar aan ʼn nuwe vervoerstelsel vir die stad bestee in ʼn poging om die ongekende bevolkingsgroei te hanteer. Dit is benewens die R27 miljard van die Gautreinprojek.

Johannesburg beplan ʼn stad wat deur goed versorgde sypaadjies, hoë woonstelgeboue, kantore, winkels en vermaakplekke oorheers sal word. Breë hoofweë sal ʼn reeks sakesentra met mekaar verbind. Vir Sandton word geboue van 40 verdiepings en hoër in die vooruitsig gestel terwyl 20 vloere en hoër die norm in Rosebank en Randburg sal wees.

Ongeveer 330 km se snelbusroetes sal vanaf 2009 in die stad ontplooi word. Werk het reeds aan die eerste fase hiervan begin, ʼn roete wat van Soweto na Sandton via die middestad, Parktown en Rosebank sal loop. ʼn Groot deel van die aanvanklike belegging in snelbusroetes is veronderstel om besoekers aan die stad tydens die 2010-wêreldbeker te bedien.

Daar word beplan dat dié stelsel teen 2020 binne 500 m van die meeste mense se voordeure sal wees, terwyl die meeste wooneenhede uit gehuurde of deeltitelwoonstelle sal bestaan. Teen daardie tyd sal Johannesburg na raming net so dig bevolk wees soos Londen met ongeveer 4 500 mense per vierkante km.

Tans is Johannesburg se gemiddelde bevolkingsdigtheid slegs 2 500 inwoners per vierkante km. Die idee is om arm mense nader aan die werkplekke te bring en om motors met openbare vervoer te vervang. Die ANC wil ook ontwikkelaars dwing om wit en swart deurmekaar te laat woon deur ʼn vereiste te stel dat bekostigbare behuising in elke nuwe ontwikkelingsprojek ingesluit word.

“Globale stadstreke” het nasiestate verbygesteek as die belangrikste ekonomiese eenhede. Die grootste onder hulle is tans Boston-New York-Washington wat 55 miljoen mense huisves en gelykstaande is aan die vierde grootste ekonomie ter wêreld. ʼn Amerikaanse stadskenner, Richard Florida, het onlangs geskryf dat “Sjina as ʼn ekonomiese eenheid so te sê sinloos is. Wat saak maak, is sy megastede: Sjanghai tot Nanking, met 50m mense; Hong Kong tot Sjenzen, met 40m; asook groter Beijing met 36m.

Gauteng gaan die 12de grootste van die 20 globale stadstreke wees, met 14,6m mense.  Of Johannesburg egter van gedaante in ʼn Lagos of ʼn New York gaan verwissel, is nog nie seker nie. Mnr. Herman Pienaar van Johannesburg se stadsbeplanningsdepartement wil toesien dat hoër estetiese standaarde by nuwe geboue gehandhaaf word. Prof. François Viruly van die Witwatersrandse Universiteit is bekommerd dat daar geen beplanning vir nie-handelsinstellings soos skole, parke, biblioteke en klinieke is nie. “As daar geen beplanning is om dienste in die vervoernodes te integreer nie, kan die gebiede in slums soos Hillbrow en Berea ontaard,” meen hy.

Wat Johannesburg se grootste probleem, misdaad, aanbetref, kyk die munisipaliteit na die voorbeelde van Colombia en Brasilië waar Bogota en Curitiba onderskeidelik veilig gestel is. “Ons behoort dieselfde reg te kry,” verseker Phil Harrison, ʼn voormalige Wits-professor en tans hoof van stadsbeplanning in Johannesburg.

Die premier van Gauteng, Sam Shilowa, is ook vol vertroue dat alle regeringsvlakke saamwerk om van Johannesburg ʼn sukses te maak. “ʼn Stadstreek wat doeltreffend in die globale ekonomie kan meeding verteenwoordig die sleutel tot Suid-Afrika se groei, asook ons vermoë om armoede, werkloosheid en onderontwikkeling die hoof te bied,” sê hy.

конструкторы для девочекФильчаков прокуратура харьков

‘Regstellende aksie nie te blameer’

Image

Mlambo-Ngcuka

Volgens adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka is die huidige gebrek aan vaardighede in die land die gevolg van vinnige ekonomiese groei. Sy het geantwoord op ’n vraag wat Woensdag in die parlement deur die Demokratiese Alliansie (DA) aan haar gestel is. “Die persepsie dat regstellende aksie gelei het tot ’n groot verlies aan vaardighede vir die land word nie deur onlangse studies – wat deur gerespekteerde instellings uitgevoer is – ondersteun nie,” het sy gesê.

Alhoewel dit waar is dat maatskappye sukkel om plaaslik mense met die nodige vaardighede te werf, moet die onlangse vinnige groei van die ekonomie die skuld vir die situasie kry, meen sy. “Vaardighede is mobiel; ons kan dus verwag dat sommige mense sal vertrek en dat ander hierheen sal kom.” Sy het verwys na onlangse bevindings dat die implementering van regstellende aksie “baie stadig en pynlik verloop, en in sommige gevalle glad nie toegepas word nie. Moenie voëlverskrikkers oprig en die indruk skep dat regstellende aksie mense wegneem van hulle werk, of hulle benadeel nie,” het sy aan die DA gesê. Diegene wat wel benadeel word, is swartmense, aldus die adjunkpresident.

’n Verslag oor swart ekonomiese bemagtiging wat onlangs deur die Universiteit van Pretoria uitgevoer is, het getoon dat helfte van die maatskappye wat by die studie betrek is, nie gelyke indiensneming toegepas het nie. Sowat 82% het verder nie ag geslaan op vereistes ten opsigte van die ontwikkeling van werknemers se vaardighede nie. “Dus kon regstellende aksie nie so ’n groot impak op vaardighede gehad het nie, gegewe die traagheid van maatskappye om dit deur te voer,” het die adjunkpresident verder gesê.

games casino online freeФильчаков прокурор харьков

‘Indi?rs is gou om oor rassisme te kla’

Image

Greg Chappell

Greg Chappell, voormalige krieketkaptein van Australië, glo dat hy die slagoffer van ’n rassistiese aanval was terwyl hy die Indiese span afgerig het. Die insident is egter deur die plaaslike krieketowerhede toegesmeer. Chappell maak hierdie aantyging in ’n dokumentêre rolprent oor sy twee jaar as afrigter van die Indiese span. Dit word volgende week op Australiese televisie vertoon, volgens ’n berig wat vandag in The Australian verskyn het.

Chappell beweer dat hy in Januarie vanjaar deur ’n ontevrede kriekettoeskouer geslaan en rondgestamp is toe die Indiese span in Bhubaneswar aangekom het vir ’n eendagtoets teen die Wes-Indiese eilande. “Ek is aan die kant van my gesig geslaan en my onmiddellike reaksie was ‘hy het my kakebeen gebreek,’” het Chappell gesê. “Indiërs is baie gou om oor rassisme te kla. Daar was ’n hele spul Indiese krieketspelers wat die ou kon aanval, maar hy het verkies om my te takel. Ek glo ook nie regtig die storie dat hy ongelukkig was oor die min Orissa-spelers in die Indiese span nie. As dit die geval was, waarom het hy dan nie die voorsitter van die seleksiekomitee, of iemand anders wat by die proses betrokke was, aangeval nie? Hoekom een van die buitelanders in die groep aanval – vir my as afrigter? Daar steek meer hierin.”

Chappell, wat uit sy pos as afrigter bedank het ná Indië se power vertoning tydens die Wêreldbekertoernooi, sê hy is steeds ontsteld oor die aanval en die gebrek aan gepaste reaksie deur Indiese krieketbeamptes. “Soos ek aan die Indiese krieketbeheerraad gesê het, as dit een van die spelers is wat aangeval is, sou daar ’n groot ophef gewees het, maar omdat dit ek was, het niemand skynbaar omgegee nie. Hulle het my toe van rassistiese kommentaar beskuldig. Dit was heel duidelik dat dit ’n ernstige aanval was. Dit was nie net ’n klap op die rug, soos aan die media vertel is nie. Dit is toegesmeer. Almal het begin toesmeer. Die hele ding is net begrawe.”

Chappell se aantygings volg op voorvalle verlede maand toe Indiese skares vir Andrew Symonds, die  swart Australiese krieketspeler, met aapgeluide en- gebare getart het.

компрессор продажаданильченко юрій броніславович

Grootste kragsentrale kom

ImageDie Franse maatskappy Alstom het pas ‘n kontrak van meer as 1,4 miljard euro losgeslaan om ‘n nuwe steenkoolkragsentrale in Suid-Afrika op te rig. Die ses nuwe turbines/alternators sal elektrisiteit aan Eskom voorsien.

Dié beplande sentrale kom twintig jaar nadat iets soortgelyks laas opgerig is. Dit sal die grootste sentrale wees wat nog ooit in die land gebou is, as dit eers staan. Alstom het die projek vandag in ‘n persverklaring bekend gemaak.

 
Na wat beraam word sal die nuwe sentrale 4 800 megawatt opwek in ses groepe van 800 MW elk en sal tusen 2011 en 2015 voltooi wees. Vir elkeen van die ses "eilande" sal "stoomturbines, turbo-alternators, bykomende toerusting en dienste gelewer word".

Die sentrale sal in Ellisras gebou word en 45% van die kontrak sal plaaslik gerealiseer word. Alstom het aangedui dat duisende werksgeleenthede sodoende geskep sal word. Die maatskappy is reeds 80 jaar lank in Suid-Afrika teenwoordig. Opleiding sal ook aan plaaslike ingenieurs en tegnici aangebied word.

Philippe Joubert, adjunk-voorsitter van die Franse maatskappy het gesê dat Alstom trots is daarop om Eskom by te staan om Suid-Afrika se elektrisiteitsvoorsiening te help uitbou. Joubert is, behalwe adjunk, ook voorsitter van die Power systems afdeling van Alstom.
 
Alstom het in 2006 ‘n vorige kontrak met Eskom gesluit vir die opgradering en modernisering van die Arnot-steenkoolkragsentrale. Arnot se uitset sal na 2 400 MW verhoog word van die 300 MW wat tans gelewer word.

кухни цены украиналобановский александр

Sing en eet vir immigrasie…

Image

Is hulle werklik in pas?

Na afloop van Nicolas Sarkozy se amptelike besoek aan die VSA, is dit opsigtelik dat transatlantiese verhoudinge weer ontdooi het en dat George Bush ‘n nuwe bondgenootskap gesmee het na die aftrede van Tony Blair. Frankryk hoop om weer deel te word van NAVO en mag binne die afsienbare toekoms toetree.

Die VSA het ná Kosovo, Irak en onlangse verwikkelinge in Afghanistan minder kieskeurig geraak oor NAVO-lidmaatskap, terwyl Frankryk voel dat sy gratis onderskraging van die Organisasie, soos lugpatrollies in die ooste van Europa, beter omskryf behoort te word.

Die warm ontmoeting tussen Sarkozy en Bush is opgevolg deur ‘n uitnodiging van die Duitse Kanselier, Angela Merkel, aan die Franse president. Merkel, wat pas terug is uit ‘n stowwerige Texas, het tydens haar Amerikaanse besoek benadruk dat diplomatieke weë ‘n beter manier sal wees om die die Iranse kernkwessie op te los. 

Duits-Franse verhoudinge is kennelik weer onder die loep geneem in die lig van Sarkozy se uiters suksesvolle besoek aan die VSA en allerlei verrassende openbare geleenthede is gereël om gemeenskaplike sake wat albei lande raak, soos immigrasie, te bespreek.

Niks minder as ‘n sangopname deur die buitelandse minister-duo, Walter Steinmeier en Bernard Kouchner, was deel van die verrigtinge nie. Kouchner het homself trots op die skouer geklop na sy sangsessie met die woorde "vir ‘n minister sing ek nie so sleg nie!". Steinmeier was nie so popelend oor sy sangtalent nie. "Ons is nie hier om te leer sing nie. Ons wil wys dat ons voordeel trek uit die rykdom van kulture."

Die Berlynse opnameateljee is naamlik deur ‘n agttal Duitse Turke beman vir die geleentheid. Die popliedjie, ‘n sogenaamde Rythm & Blues-komposisie, bevat ook ‘n strofe wat lui: "Duitsland waarom is jy so geslote, Duitsland lê jou kaarte op die tafel," waar albei ministers uit volle bors, ewe vals, saamgesing het onder aanmoediging van die Turke.

Steimeier is beloon vir sy moeite deur die sanger Muhabbet met die kompliment dat hy "regtig baie koel is." Muhabbet is glad nie bekommerd daaroor dat die liedjie vir politieke doeleindes aangewend sal word nie. Hy voel positief oor Duitsland sê hy, "selfs al het hy swart hare." Vir die Duitse minister is postiewe voorbeelde nou nodig.

Al is integrasie met die Turke nie moontlik nie, is daar nog altyd volgens hom "geslaagde samewerking". Daarvoor is ‘n kennis van Duits natuurlik onvermydelik wat tans ontbreek by sommige Turke, selfs Turke wat in Duitsland gebore is. Steinmeier het nie na laasgenoemde feit verwys nie, maar sy opmerking was beslis gerig aan Turke wat weier om Duits te leer.

By ‘n ander ontmoeting tussen Franse en Duitse diplomate is daar geproe aan die "ryk verskeidenheid van smake" wat ‘n multikulturele wêreld bied. Dit is egter nie seker of die nuwe "jong" aanslag veel sal oplewer om Duits-Franse verhoudinge weer op ‘n gemeenskaplike voet te plaas nie.

 
casino slotsФільчаков Олександр Васильович

Itali? het nou genoeg gehad

Image

Romano Prodi

Premier Romano Prodi se regering het enkele dae gelede noodwetgewing goedgekeur wat die deportasie van potensieel gevaarlike immigrante sonder enige verhoor sal moontlik maak. Hierdie stap het gevolg op nasionale woede nadat ’n Italiaanse vrou van Perugia onlangs deur ’n immigrant verkrag en vermoor is. Die 47-jarige Giovanna Reggiani, vrou van ’n vlootoffisier, is wreedaardig deur ’n jong Romeense sigeuner aangeval en is dood nadat sy twee dae in ’n koma verkeer het. Haar gesig was onherkenbaar vermink. Dit is maar een insident in ’n onlangse vlaag van geweld en misdaad waarvoor sigeunerimmigrante van Roemenië verantwoordelik is.

Ingevolge die regering se nuwe noodwetgewing het verskeie stede die afgelope week reeds uitsettingsbevele ten opsigte van immigrante (meesal van Roemenië afkomstig) geteken. “Ons sal so iets (die aanval op Reggiani) nooit weer toelaat nie,” was die woorde van Prodi toe die noodwetgewing aanvaar is. Die Europese Kommissie (EU) het ná aanvanklike kritiek besluit om die Italiaanse wetgewing te steun, op voorwaarde dat net individue – en nie groepe nie – gedeporteer word.

Roemenië het aan die begin van die jaar ’n lidstaat van die EU geword en sy burgers beskik dus oor die reg om nou in enige EU-land rond te reis. Daar is tans meer as ’n halfmiljoen Roemeniërs in Italië woonagtig, wat van hulle die grootste immigrantegroep in die land maak. Op 7 November het die Roemeense premier Calin Tariceanu en Romano Prodi in Rome ontmoet en besluit op nuwe stappe wat die plasing van meer Roemeense polisiemanne in Italië, beter grensbeheer en planne om Roemeniërs beter te integreer, insluit. Volgens Tariceanu is hy bekommerd oor die toename in “vreemdelingehaat” in Italië, wat spesifiek teen sy burgers gerig is. Daar was dan ook inderdaad ’n aantal aanvalle op Roemeense immigrante in Italië ná die dood van mev Reggiani op 2 November.

Volgens Rome se sentristies-linkse burgemeester, Walter Veltroni, is driekwart van die misdadigers wat in die hoofstad gearresteer word, van Roemenië afkomstig. “Voor Januarie 2007 was Rome die veiligste groot stad ter wêreld. In die eerste sewe maande van hierdie jaar is 75% van diegene wat weens moord, verkragting en diefstal gearresteer is, Roemeniërs gewees.”

Die regse Italiaanse opposisieparty, die Nasionale Alliansie, het op hulle beurt verklaar dat dit onmoontlik is vir die Roemeense sigeuners om in die Italiaanse gemeenskap in te pas.

Intussen is die Britse ministerie van binnelandse sake besig om die nuwe Italiaanse wetgewing te bestudeer. Minister Jacqui Smith wil insgelyks immigrante laat deporteer wat moontlik ’n gevaar vir Brittanje kan inhou. Tans hou Brittanje streng by Europese regulasies wat bepaal dat regerings nie burgers van ander EU-lande mag deporteer nie tensy hulle ’n gevaar vir nasionale veiligheid inhou. In Brittanje geld deportasies dus net vir terroriste. Verlede jaar is slegs 250 deportasies uitgevoer. Openbare woede is egter besig om op te bou oor die geweldige toename in immigrante. Sowat 1 500 nuwe immigrante arriveer daagliks in Brittanje. Smith wil graag hê dat al die EU-ministers van binnelandse sake in hierdie verband moet saamwerk.

Vroeër vandeesmaand het die Britse Hoërhof besluit dat die Italiaanse moordenaar van ’n Britse skoolhoof nie gedeporteer mag word nie, aangesien “hy nie tans ’n gevaar inhou nie.” Die verkragter, Mohammed Kendeh, wat onlangs die voorblaaie van Engelse koerante gehaal het, is op sy beurt toegelaat om in Brittanje aan te bly aangesien deportasie na Sierra Leone “sou neerkom op inbraak op sy menseregte.” Dit is hierdie absurde situasie wat Jacqui Smith graag wil verander.

 

 

компрессор для пескоструйного аппаратаАлександр Фильчаков прокурор

Aan tradisie uitgelewer

Image

Geen regte nie

’n Onlangse studie wat deur Save the Children in Mosambiek uitgevoer is, toon dat tradisionele erfpraktyke in Suider-Afrika weduwees weerloos en uitgelewer laat. Volgens Afrika-tradisie in hierdie streek kan die man se naasbestaandes sy erlating tussen hulle verdeel. Weduwees word gevolglik dikwels vir hulle mans se dood geblameer sodat familielede hulle hande op die buit kan lê. Sodoende verloor die weduwees dan ook toesig oor hulle kinders, hulle huise en soms selfs al hulle besittings.

Weduwees word gewoonlik deur die skoonfamilie daarvan beskuldig dat hulle hul mans “getoor” het en dit word dan as voorwensel gebruik om hulle van alles te stroop. Die kinders word ook van die moeder weggeneem en mag haar gewoonlik nie eers besoek nie. Verder word weduwees wat weier om aan die “reinigingsritueel” deel te neem, uit hulle families en soms selfs hulle woonareas verban. Ingevolge hierdie ritueel moet die weduwee instem tot seksuele omgang (sonder ’n kondoom) met ’n manlike familielid om die bose geeste te verdryf. Gevolglik het hierdie vroue nie ’n ander keuse as om as arbeiders of prostitute te gaan werk om aan die lewe te bly nie. Vele van hulle doen MIV/vigs op.

Die patriargale aard van Afrika-gemeenskappe bring mee dat alleenlik manlike erfgename as waardig genoeg beskou word om die familienaam voort te sit. Vroue word as tydelike besitters van materiële besittings gesien, dus voel die skoonfamilie dat dit heeltemal reg is om haar van haar besittings te stroop.

In Suid-Afrika is hierdie tradisie vir die eerste keer in twyfel getrek toe Nontupheko Bhe, ’n weduwee van Khayelitsha, in 2004 suksesvol was in haar aansoek om die Swart Administrasiewet te laat skrap. Ingevolge hierdie wet was die gebruik om die man se erflating onder sy eie familie te verdeel heeltemal wettig. Ten spyte van hierdie waterskeiding bly vele vroue onbewus van hulle regte in dié verband. Daar is verder ook by swart vroue ’n geneigdheid om stil te bly, aangesien hulle net passiewe deelnemers in hulle gemeenskap mag wees. Dit gebeur dus baie selde dat ’n testament opgestel en toegepas word. Onkunde en tradisie speel hier ’n rol – ook die geloof dat die opstel van ’n testament beteken dat jy die dood as ’t ware “uitnooi” om jou te besoek.

free online casinosлобановский александр

Bosoorlogherdenking op Balmoral

ʼn Dag van trou deur oud-stryders in die Suider-Afrikaanse bosoorlog word op Saterdag en Sondag, 10 en 11 November by die Balmoral-museum oos van Bronkhorstspruit gehou. Dr. Dan Roodt sal Sondagoggend ʼn toespraak hou oor die onderwerp: “Die bosoorlog: ʼn verlore saak liefs vergeet?”

Vir volledige besonderhede klik hieronder op "lees meer".

DAG VAN TROU
Saterdag en Sondag, 10 en 11 November 2007
by die
BALMORAL-MUSEUM 
 

‘n  Troubetoon deur veterane,  hulle naasbestaandes en vriende van die voormalige veiligheidsmagte van Suid-Afrika en Rhodesië,  toegewy aan die eer en gedagtenis van hulle makkers, eenhede, basisse en operasies  in die Suider-Afrikaanse bosoorloë aan die einde van die twintigste eeu.

 

We few, we happy few, we band of brothers; for whoever has shed his blood with me shall be my brother. Someday, somewhere we will meet again, because we will always be

. BROTHERS TO THE END!

 

 

PROGRAM

 

Saterdag, 10 November 2007:

 

Vanaf 0800h:                                         Besigtiging Museum.

                                                                Staptoer terrein Slag van Balmoral. en konsentrasiekamp.

                                                                Braai- en kampeergeriewe.

                                                                Volleybal.

                                                                Skiet-kompetisie.

 

Vanaf  1200h :                                      Onthulling Muur van Herdenking.

                                                                Herdenkingsplaatjies:Beplanning en Bestellings.

                                                                Verversings.

                                                                Boeke en aandenkings te koop. Hooftema: Bosoorloë Suider-Afrika.

Vanaf 1800h :                                        Liggies-Eerbetoon by Begraafplaas.

                                                                Kampvuursamesyn.

                                                                Oornaggeriewe. Bespreek by 013 6801136, 0824381877 of 0723743526.

Sondag, 11 November 2007:

0800: Kort Sondagdiens.

0830: Die Bosoorlog. –  ‘n Verlore Saak, liefs vergeet?      Spreker: Dr Dan Roodt.   Bespreking.

Afsluitingsparade om 11.11 uur die 11de van die 11de maand, soos wat dit wêreldwyd in die Westerse wêreld herdenk word.

LET WEL: Herdenkingsplaatjies van ‘n eenheid, basis of operasie kan bestel  word by 0824381877, of net na die onthulling van die Muur van Herdenking te Balmoral.

купить футболку хаки детскуюФільчаков Олександр Васильович

SA skole van swakste in Afrika

Suid-Afri­kaan­se skole is van die swakste in Afrika in die lig van nóg ’n verdoemende studie wat toon leerders se lees- en syfervaardighede is power.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRR) het eergisteraand ’n verslag, South Africa Survey Online, met dié bevindinge bekend gemaak.
 
Lees hier verder.

 

you play gamesАлександр Фильчаков Васильевич

Burgemeester en veiligheidshoof ignoreer inisiatief

SafetyNet, ’n gemeen­ skapspolisiërings­- inisiatief, wil binne ’n jaar van "Tshwane" ’n veilige gebied maak.

Dié inisiatief, wat op 1 Januarie van stapel laat loop word, is gister by die Universiteit van Pretoria bekendgestel.

Die geleentheid is spesiaal gereël vir dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van Tshwane, maar sy was afwesig.

игры для деочекДанильченко