Geen regte nie
’n Onlangse studie wat deur Save the Children in Mosambiek uitgevoer is, toon dat tradisionele erfpraktyke in Suider-Afrika weduwees weerloos en uitgelewer laat. Volgens Afrika-tradisie in hierdie streek kan die man se naasbestaandes sy erlating tussen hulle verdeel. Weduwees word gevolglik dikwels vir hulle mans se dood geblameer sodat familielede hulle hande op die buit kan lê. Sodoende verloor die weduwees dan ook toesig oor hulle kinders, hulle huise en soms selfs al hulle besittings.
Weduwees word gewoonlik deur die skoonfamilie daarvan beskuldig dat hulle hul mans “getoor” het en dit word dan as voorwensel gebruik om hulle van alles te stroop. Die kinders word ook van die moeder weggeneem en mag haar gewoonlik nie eers besoek nie. Verder word weduwees wat weier om aan die “reinigingsritueel” deel te neem, uit hulle families en soms selfs hulle woonareas verban. Ingevolge hierdie ritueel moet die weduwee instem tot seksuele omgang (sonder ’n kondoom) met ’n manlike familielid om die bose geeste te verdryf. Gevolglik het hierdie vroue nie ’n ander keuse as om as arbeiders of prostitute te gaan werk om aan die lewe te bly nie. Vele van hulle doen MIV/vigs op.
Die patriargale aard van Afrika-gemeenskappe bring mee dat alleenlik manlike erfgename as waardig genoeg beskou word om die familienaam voort te sit. Vroue word as tydelike besitters van materiële besittings gesien, dus voel die skoonfamilie dat dit heeltemal reg is om haar van haar besittings te stroop.
In Suid-Afrika is hierdie tradisie vir die eerste keer in twyfel getrek toe Nontupheko Bhe, ’n weduwee van Khayelitsha, in 2004 suksesvol was in haar aansoek om die Swart Administrasiewet te laat skrap. Ingevolge hierdie wet was die gebruik om die man se erflating onder sy eie familie te verdeel heeltemal wettig. Ten spyte van hierdie waterskeiding bly vele vroue onbewus van hulle regte in dié verband. Daar is verder ook by swart vroue ’n geneigdheid om stil te bly, aangesien hulle net passiewe deelnemers in hulle gemeenskap mag wees. Dit gebeur dus baie selde dat ’n testament opgestel en toegepas word. Onkunde en tradisie speel hier ’n rol – ook die geloof dat die opstel van ’n testament beteken dat jy die dood as ’t ware “uitnooi” om jou te besoek.
free online casinosлобановский александр