Grootste kragsentrale kom

ImageDie Franse maatskappy Alstom het pas ‘n kontrak van meer as 1,4 miljard euro losgeslaan om ‘n nuwe steenkoolkragsentrale in Suid-Afrika op te rig. Die ses nuwe turbines/alternators sal elektrisiteit aan Eskom voorsien.

Dié beplande sentrale kom twintig jaar nadat iets soortgelyks laas opgerig is. Dit sal die grootste sentrale wees wat nog ooit in die land gebou is, as dit eers staan. Alstom het die projek vandag in ‘n persverklaring bekend gemaak.

 
Na wat beraam word sal die nuwe sentrale 4 800 megawatt opwek in ses groepe van 800 MW elk en sal tusen 2011 en 2015 voltooi wees. Vir elkeen van die ses "eilande" sal "stoomturbines, turbo-alternators, bykomende toerusting en dienste gelewer word".

Die sentrale sal in Ellisras gebou word en 45% van die kontrak sal plaaslik gerealiseer word. Alstom het aangedui dat duisende werksgeleenthede sodoende geskep sal word. Die maatskappy is reeds 80 jaar lank in Suid-Afrika teenwoordig. Opleiding sal ook aan plaaslike ingenieurs en tegnici aangebied word.

Philippe Joubert, adjunk-voorsitter van die Franse maatskappy het gesê dat Alstom trots is daarop om Eskom by te staan om Suid-Afrika se elektrisiteitsvoorsiening te help uitbou. Joubert is, behalwe adjunk, ook voorsitter van die Power systems afdeling van Alstom.
 
Alstom het in 2006 ‘n vorige kontrak met Eskom gesluit vir die opgradering en modernisering van die Arnot-steenkoolkragsentrale. Arnot se uitset sal na 2 400 MW verhoog word van die 300 MW wat tans gelewer word.

кухни цены украиналобановский александр

Maak 'n opvolg-bydrae