Irak se olie-inkomste styg met R550 miljard

‘n Olietenkskip 'n Irakese olieamptenaar het gesê die land se olie-inkomste is met 30% op teenoor verlede jaar ná omtrent R550 miljard, ten spyte van die skerp daling in wêreldoliepryse in die tweede helfte van verlede jaar. Falah al-Amiri, die hoof van die staat se oliebemarkingsorganisasie, het ook Donderdag aan Associated Press gesê dat Irakse

Lees verder: Irak se olie-inkomste styg met R550 miljard

Oegandese rebelle beweeg deur DRK

LRA-plakkaat Die DRK het Woensdag sekerheid uitgespreek dat die rebelleorganisasie, die Lord's Resistance Army (LRA), deur die noordooste van die land beweeg in die rigting van die Sentraal-Afrikaanse Republiek. "Vandag is ons seker dat die rebelle in die rigting van die Sentraal-Afrikaanse Republiek beweeg, al het hulle nog nie die grens bereik nie," het die

Lees verder: Oegandese rebelle beweeg deur DRK

Choleradodetal in Zim staan op 1 778, volgens WGO

Zimbabwe se cholera-epidemie het ten minste 1 778 lewens geëis sedert verlede jaar Oktober, met die hoeveelheid gediagnoseerde gevalle wat op 35 931 staan, het die WGO gesê. Dinsdag het die organisasie gesê dat daar 1 732 mense dood is en 34 306 mense besmet is met die wateroordraagbare siekte. VN-hulporganisasies het vir weke gewaarsku

Lees verder: Choleradodetal in Zim staan op 1 778, volgens WGO

Israel bombardeer Gasa terwyl VSA voorstel vir skietstaking steun

Israelse tenk Israeli-vegvliegtuie het teikens in die Gasastrook gebombardeer terwyl tenks nader gekruip het aan stellings van Palestynse guerrillas, terwyl Amerikaanse ondersteuning vir 'n skietstilstand verwagtinge vir 'n einde aan die offensief laat toeneem. Inwoners in Gasa het die oornagbombardement aan die ooste van die stad as die ergste in die 13 dae lange offensief

Lees verder: Israel bombardeer Gasa terwyl VSA voorstel vir skietstaking steun

PAC maak beswaar teen Suzman se naam op gebou

Helen Suzman Helen Suzman was 'n dapper vrou, maar die Marksgebou in parlement behoort nie na haar vernoem te word nie, het die Pan-Afrikakongres Woensdag gesê. "Die Marksgebou in die parlement behoort die Sharpevillegebou genoem te word, indien die naam verander word," het die PAK se LP, Motsoko Pheko, in 'n verklaring gesê. "Ek respekteer

Lees verder: PAC maak beswaar teen Suzman se naam op gebou

Mededinger veroorsaak probleme vir DRK-rebelleleier

Laurent Nkunda Kongolese rebelle sou Woensdag ontmoet te midde van 'n openlike uitdaging aan die leierskap van Laurent Nkunda in 'n verdeling wat waarskynlik dinge sal kompliseer in die soeke na 'n oplossing vir die konflik in die oostelike DRK. 'n Skuif om Nkunda Maandag uit te werk is deur die stafhoof Bosco Ntaganda begin,

Lees verder: Mededinger veroorsaak probleme vir DRK-rebelleleier

Zim-regering vra nou $30 000 per buitelandse joernalis

Die Zimbabwiese regering het Woensdag nuwe lisensiegelde van tot $30 000 aangekondig vir joernaliste van buitelandse media wat in Zimbabwe werk. Dit het klagtes laat ontstaan dat hulle probeer om joernaliste uit die land te verdryf. Die nuwe riglyne vereis verder dat Zimbabwiërs wat in die buiteland werk vir buitelandse media 'n $4 000-fooi moet

Lees verder: Zim-regering vra nou $30 000 per buitelandse joernalis

Smous vermoor op plaas naby Louis Trichardt

Polisie in Limpopo het 'n plaaswerker gearresteer nadat hy klaarblyklik Woensdag 'n smous se keel afgesny het op 'n plaas naby Louis Trichardt. Die 50-jarige vrou, wat by 'n stalletjie op die plaas Rooipoort gewerk het, is in die nek gesteek en haar keel afgesny, het superintendent Mohale Ramatseba in 'n verklaring gesê. Haar moordenaar

Lees verder: Smous vermoor op plaas naby Louis Trichardt

Zim-aktiviste ‘erg gemartel’, s? prokureur

Sewe Zimbabwiese opposisieaktiviste wat beskuldig word van 'n reeks ontploffings is erg gemartel deur veiligheidsagente van die staat, het hulle regsverteenwoordiger Woensdag aan die hof gesê, en 'n ondersoek aanbeveel na die beweerde aanrandings. Die aktiviste sluit in die direkteur vir sekuriteit van die opposisie, die MDC, sowel as 'n adviseur vir die partyleier Morgan

Lees verder: Zim-aktiviste ‘erg gemartel’, s? prokureur

Olieprys stabiel n? 12%-daling oornag

Oliepryse is stabiel onder $43 per vat in Asië nadat 'n hoër as verwagte toename in Amerikaanse voorrade oornag 'n 12%-afname in ru-oliepryse veroorsaak het. Ligte, soet ru-olie vir Februarie het met 14 sent gedaal tot $42,49 per vaatjie in elektroniese handel op die New York Merchantile Exchange teen middagtyd in Singapoer. Woensdag het die

Lees verder: Olieprys stabiel n? 12%-daling oornag