Angola het ’n lening van een miljard dollar gekry van Sjina om te spandeer op die ontwikkeling van hulle landbou, het die staatsmedia Donderdag gesê.
Die Suider-Afrikaanse land het reeds $5 miljard ontvang in lenings van Sjina om te betaal vir die opbou van die land na die oorlog, maar die Wêreldbank glo dat daar op tot $8 miljard is wat nog nie verklaar is nie.
Ghen Yuan, die hoofuitvoerendebeampte van die ontwikkelingsbank van Sjina, het die jongste finansiële ooreenkoms laat Donderdag aangekondig na ‘n vergadering met Angola se president Jose Eduarto Dos Santos in Luanda, het die staatsnuusagentskap Angop berig.
“Ons is gereed om meer as ‘n miljard dollar in krediet toe te staan, maar ons dink die bedrag is te min en sal verhoog moet word om te voorsien in Angola se behoeftes in landbou en graanverbouing, en die verwerking van landbouprodukte,” het Chen gesê volgens Angop.
Die Sjinese Ontwikkelingsbank is een van die land se grootstes, en is een van drie beleidsleners wat Beijing se regeringsprogramme ondersteun.
Chen het bygevoeg dat hy volle vertroue het in die Angolese regering en dat daar baie goeie vooruitsigte is vir samewerking.
Handel tussen die twee lande het in 2008 25,3 miljard dollar beloop, en Angola is nou Sjina se grootste handelsvennoot in Afrika.
Angola, ‘n voormalige Portugese kolonie, was ‘n sleutelprodusent in die 1950’s en 60’s, maar miljoene boere het hulle plase verlaat gedurende die dekades van oorlog wat die grond vervuil gelaat het met landmyne.
Die regering, wat staatmaak op olie en diamante vir meer as 90% van sy inkomste, kry nou swaar in die midde van die globale afplatting en belegging in gebiede soos landbou sal hopelik die ekonomie diversifiseer.

Humanitêre organisasies wat Zimbabwiese vlugtelinge in Musina help, het gewaarsku dat die sluiting van die skougronde – ‘n groot oop veld naby die grens waar 3 000 tot 4 000 Zimbabwiërs toustaan vir asiel en snags skuiling soek – die verspreiding van cholera en ander siektes kan vererger.
Of kastrasie sal help om gewelddadige seksmisdadigers te rehabiliteer het weer onder die soeklig gekom. Die Raad van Europa se anti-folteringskomitee het verlede maand sjirurgiese kastrasie “ingrypend, onomkeerbaar en skendend” genoem het, en geëis het dat die Tsjeggiese Republiek die toepassing van die prosedure op gewelddadige seksoortreders moet staak. Ander kritici het gesê dat kastrasie die gemeenskap lei op ‘n gevaarlike pad na eugenetika.
Suid-Afrika het soveel as 40 nuwe steenkoolmyne nodig teen 2020, het Eskom Woensdag gesê.