Noodsituasie by Pelindaba

Image‘n Noodsituasie het tien uur Maandagoggend by die Pelindabakernfasiliteit buite Pretoria ontstaan, het die SA kernenergiekorporasie (Necsa) gesê.

“Abnormale vlakke van gamma-bestraling geassosieerd met xenon- en kriptongas was opgetel in die gebou waar radio-isotope vervaardig word vir mediese toepassings,” het Necsa in ‘n verklaring gesê.

“Gelukkig was die gasse geensins geabsorbeer deur lewendige sisteme nie.”

Necsa het gesê ‘n alarm is gemaak en al die mense op die perseel het na voorafbepaalde plekke gegaan.

“Teen 10:38 was al die vlakke van bestraling weer normaal.”

Necsa het gesê die vlakke van bestraling wat opgetel is in en om die geaffekteerde geboue het gepiek bokant die werkslimiete, maar die totaal wat vrygestel is was binne die daaglikse limiete.

“Teen 10:38 het die bestralingsvlakke weer terug gekeer na normaal toe en is die noodtoesand verby gewees, waarna werknemers weer aangesê is om normale dienste te hervat,” het Necsa gesê.

Die gebeurtenis is geklassifiseer as ‘n perseelnoodgeval met geen buiteperseel voorsorgmaatreëls wat nodig was nie, as gevolg van die plaaslike aard van die insident.

“Die Nasionale Kern Reguleerder (NKR) is in kennis gestel aangesien dit nodig is in terme van Necsa se perseel-lisensie.

Mike Kantey, nasionale voorsitter vir die Koalisie teen Kernenergie het gesê hy is baie bekommerd oor die insident.

“Ons het versekering nodig dat geen jodium ontsnap het nie – en net die NKR het die toerusting om daarvoor te toets – ek dink hulle is nou op die perseel,” het Kantey gesê.

Die NKR was nie beskikbaar vir kommentaar nie.одежда для большого тенниса магазинылобановский александр игоревич

Regter verwerp konsep van ?eremoord?

‘n Senior Britse regter het gister die idee verwerp dat brandstigting en moord sake van “eer” is in ‘n Moslemgesin.

Regter Wall, wat uitspraak gelewer het in ‘n geval waar 3 Moslemkinders in die sorg van pleegouers geplaas is, het gesê die tyd het aangebreek om “die frase eremoord te heroorweeg.”

Hy het gehoor dat die ma een van haar drie kinders aan die brand gesteek het en probeer het om die huis waar hulle in gewoon het in ‘n poging om haar skoonsuster te inkrimineer.

Die skoonsuster was “ ‘n probleem vir die familie” en het uit die huis gevlug nadat sy geslaan is en haar een kinders vermoor is deur haar man, die ma se broer.

Die regter het gesê: “Die boodskap van die geval, wat hard en duidelik uitgestuur moet word, is dat hierdie hof ‘n verdraagsame en menseregte gebaseerde regsisteem toepas: een wat…ouers as gelykes beskou en die welsyn van die kind as die hoogste strewe.”

“Dit is die wet van Brittanje, en dit is die wet wat in die geval geld. Brandstigting, gesinsgeweld en moontlike vergelding wat waarskynlik kan eindig in ontvoering of dood is kriminele dade en sal as sulks hanteer word.”

Hy het gesê die dade wat aan die lig gebring is in die saak het niks te doen met enige konsep van “eer” soos dit bekend is in Britse wetgewing nie.

“Dit is dade wat eenvoudig walglike, kriminele optrede is en ‘n weiering om dit as sulks te aanvaar.”

туры в хорватию из калининградаФильчаков прокурор

Verkeerspolisie gevang vir omkopery

‘n Polisieoperasie in Mpumalanga het toegesien dat verkeerspolisie in volle uniform gearresteer is na hulle verdink is dat hulle Saterdagoggend omkoopgeld aanvaar het.

Polisie wat gereageer het op ‘n wenk dat omkopery aangaan by ‘n weegbrugstasie naby Kinross, het gereël dat vragmotorbestuurders die geld oorhandig toe hulle (die polisie) teenwoordig was.

“Ons het net verskyn voor hulle terwyl hulle nog die geld vasgehou het en hulle voor hulle kollegas gearresteer,” het die georganiseerde misdaadeenheid woordvoerder kaptein Leonard Hlati gesê.

Hy het gesê die polisie het onmiddellik die weegbrugstasie gesluit en begin om al die personeel te arresteer, insluitend senior verkeersbeamptes.

Hulle is nie gevra om te pleit op aanklagte van korrupsie toe hulle Maandag verskyn het in die landdroshof op Evander nie, en is elkeen vrygelaat op R5000 borgtog.

Die saak is uitgestel tot 13 April vir verdere ondersoek.

“Ons wil ‘n sterk waarskuwing stuur aan alle weegbrugpersoneel dat indien hulle gevang word dat hulle omkoopgeld neem en toelaat dat mense die wet breek, ons hard sal optree teen hulle,” het Hlati gesê.

фильтр компрессораФильчаков Александр Васильевич

Winnie: Vryheidsfront Plus teken beswaar aan

ImageDie Vryheidsfront Plus gaan beswaar aanteken by die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) teen die insluiting van Winnie Madikizela-Mandela op die ANk se nasionale verkiesingslys.

“Die VF+ is van mening dat Madikizela-Mandela nie kwalifiseer in terme van seksie 47(1)(e) van die konstitusie (108 van 1996) nie,” het VF+ woordvoeder Pieter Groenewald Maandag gesê.

Die seksie stel dit duidelik dat indien iemand skuldig bevind is aan misdaad en meer as 12 maande tronkstraf uitgedien het sonder die opsie van ‘n boete, hy nie kwalifiseer om ‘n lid van die Nasionale vergadering te word nie.

“Die relevante seksie stel dit ook dat die diskwalifikasie slegs eindig 5 jaar nadat die vonnis uitgedien is.”

“Die klagte sal, soos dit vereis word deur die kieswet voorgelê word aan die ANK en die Onafhanklike Verkiesingskommissie,” het Groenewald gesê.

Vroeër Maandag, is Madikizela-Mandela se nominasie deur die ANK op die kieserslys vir die Nasionale vergadering voorgekom asof dit reeds goedgekeur is deur die OVK, ten spyte van haar kriminele rekord.

Op die amptelike tydelike lys van kandidate wat Maandag gepubliseer is, is die eks-vrou van voormalige president Nelson Mandela in die 5de plek vir die ANK, net na minister van finansies Trevor Manuel en voor minister van buitelandse sake Nkosazana Dlamini-Zuma.

Regskenner het gewaarsku dat haar vonnis vir bedrog haar onaanvaarbaar maak vir ‘n pos in die wetgewer.

Die gewilde ANK veteraan het ‘n 5 jaar vonnis gehad vir bedrog en diefstal wat na appèl verminder is tot 3 en ‘n half jaar vir 43 skuldigbevinding aan bedrog in Julie 2004.

Die vonnis is opgeskort vir 5 jaar.

Die ANK het geargumenteer dat omdat Madikizela-Mandela nooit werklik tronk toe is nie, die konstitusie haar nie diskwalifiseer om terug te keer na die parlement na die verkiesing van 22 April nie.

Die voorlopige lys van kandidate word bekend gemaak om aan die publiek ‘n geleentheid te gee om besware aan te teken in verband met kandidate se nominasie by die OVK.

Besware moet die OVK bereik per faks of e-pos teen Woensdag.

для девочекФильчаков прокурор

Leerlinge veroorsaak R100 000 skade in opstand

ImageLeerlinge het Maandagoggend by ‘n skool naby Mthatha ‘n opstand begin waarin meer as R100 000 se skade aangerig is, het Oos-Kaapse polisie gesê.

Die leerlinge van Joyi sekondêre skool in Baziya, 45 km van Mthatha af het in opstand gekom nadat hulle deur ouers en onderwysers gesê is dat daar geen geld is vir hulle om na Port Elizabeth te reis om te gaan sokker speel nie, het superintendent Mzukisi Fatyela gesê.

Die ouers en onderwysers het ‘n vergadering gehad om 8:30 om die situasie te bespreek. Toe dit duidelik raak dat daar geen fondse beskikbaar was nie is ‘n aankondiging aan die leerlinge gemaak, wat gereageer het deur klippe te gooi.

“Die ouers en onderwysers wat in die vergadering was is met klippe bestook; hulle het daarin geslaag om weg te hardloop van die leerlinge en het hulself in een van die klaskamers toegesluit,” het Fatyela gesê.

Die leerlinge het voortgegaan en die personeelkamer en 7 klaskamers vernietig. Een van die klaskamers was die rekenaar laboratorium. Fatyela het gesê 4 rekenaars is vernietig.

Teen die tyd wat die polisie van Mthatha gereageer het, het die leerlinge reeds gevlug.

Fatyela het gesê ‘n saak van opsetlike saakbeskadiging is geopen en die polisie ondersoek die saak. Arrestasies sal binnekort volg, het hy gesê.

mga gamesАлександр Фильчаков Васильевич

Lewering van huise getref deur krisis

ImageDie globale finansiële krisis sal ‘n negatiewe impak hê op Suid-Afrika se vermoë om huise te lewer, het die departement van behuising Maandag gesê.

Hoof van die departement, Benedicta Monama, het gesê die vertraging in die ekonomiese sal die departement verhoed om soveel huise te kan voorsien soos wat hulle wou.

“Indien die begroting groter is, kan ons meer huise lewer…maar met die ekonomie wat afneem sal begrotings krimp,” het sy gesê by die Grand Central Lughawe in Midrand, voordat sy met helikopter geneem is vir ‘n vlug oor verskeie behuisingsprojekte in Gauteng.

Monama het gesê die verhoging in die prys van boumateriaal soos staal het ‘n impak gehad op die lewering van huise.

“Dit wys ook hoe inflasie die koste van boumateriaal beïnvloed,” het sy gesê.

Die oorvlug, wat gereël is deur die departement van behuising, sal die vordering toon wat gemaak is op behuisingsprojekte wat ten doel het om informele nedersettings te staak. Verder sal dit ook die gemengde behuisingsprojekte toon wat in lyn is met die departement se “Breek nuwe grond” program, wat geloots is in 2004.

русская народная рубашка для девочкиtopcargo кидалы

Meer as 91 000 cholera gevalle in Zimbabwe

Meer as 91 000 gevalle van cholera is aangemeld in Zimbabwe sedert die siekte verlede jaar Augustus uitgebreek het, en 4 035 mense is dood volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se data wat Maandag bekend gemaak is.

Die WGO het vroeër die maand gesê dit lyk of die uitbraak besig is om af te neem, met die aantal gevalle per week wat wissel tussen 4000 en 4500, teenoor vroeëre pieksyfers van byna 8000 vroeër in die uitbraak.

укрепление дёсен народными средствамиФильчаков Александр Васильевич

SAUK raadslid bedank

Peter Vundla, ‘n raadslid van die SAKU het Vrydag bedank, het die uitsaaier Maandag bekend gemaak.

Woordvoerder Kaizer Kganyago het gesê hy was nie bewus van die rede vir Vundla se bedanking nie, maar dat dit wel bekend gemaak sou word aan die ander aandeelhouers, die minister van kommunikasie en die voorsitter van die raad.

потолочную люструАлександр Фильчаков

MTN gaan bankdiens per selfoon aanbied

Die Suid-Afrikaanse selfoon operateur MTN het Maandag gesê dat dit ‘n mobiele bankdiens loots in 21 Afrika en midde-oosterse lande waar daar swak toegang is tot tradisionele banke.

“Ons het die diens in 2005 in Suid-Afrika geloots,” het Dare Okoudjou van MTN se bankdiens departement gesê.

“Maar dit was nie ‘n volle bankrekening met die mobiele foon as primêre toegang nie, dit was baie gefokus op basiese sleutel funksies, soos geld oordragte,” het hy gesê van die Suid-Afrikaanse dienste.

Nou beplan MTN om ‘n volledige bankrekening op selfone te bied, met die naam MTN Mobile Money, wat gebruikers sal toelaat om te betaal vir aankope en om saldo’s na te gaan. ‘n Kredietkaart sal opsioneel wees.

MTN noem die diens “ ‘n gemaklike, veilige en bekostigbare manier vir MTN intekenaars om geld te stuur, lugtyd te koop en rekeninge te betaal deur hul selfone te gebruik.”

Die diens sal uitgebrei word na 20 ander lande waar MTN werk, insluitend Oeganda, Nigerië, Kameroen en die Ivoorkus, wat gesamentlik 90 miljoen selfoongebruikers het.

MTN het gesê hulle het ‘n ooreenkoms geteken met Fundamo, ‘n Suid-Afrika gebaseerde verskaffer van mobiele finansiëledienste sagteware.

Brittanje se selfoonreus Vodafone en Frankryk se Orange is reeds aktief in die mark.

Volgens ‘n onlangse studie deur ‘n telekomanaliste firma, Berg Insight, kan die diens potensieel gebruik word deur 913 miljoen mense teen 2014, tenoor die 20 miljoen huidiglik.

boost followersФільчаков Олександр Васильович прокурор

56%-toename in verlore dossiere

Daar was ‘n 56% toename in die hoeveelheid verlore polisie dossiere, het die DA Sondag gesê.

Die statistiek is onttrek uit ‘n antwoord op ‘n vraag in die parlement deur die party wat glo dit is getuienis dat die SA polisiediens in die greep van ‘n groot krisis verkeer.

In 2005/6 is 382 dossiere verloor of gesteel; in 2007/8 427 en in 2008/9 het 668 dossiere wat gebruik word vir aanklagte verlore geraak.

Net 6% (41 uit 668 gevalle) het geëindig met “dissiplinêre aksie” wat geneem is teen die verantwoordelike lede.

“Dit beteken dat daar geen effektiewe afweermiddel in plek is nie, en dat die situasie nie sommer sal verbeter nie,” het ‘n verklaring van die DA LP Diane Kohler-Barnard gesê.

“Dit is onnodig om te sê dat die verlore dossiere ‘n erge nadeel is tot enige polisieondersoek, en die minister kan nie langer stilbly oor watter maatreëls geneem word om dié krisis ta hanteer nie.”

Sedert Junie 2007 was daar ‘n 93,8% toename in agterstande by forensiese laboratoriums landswyd – op van 6068 tot 11758 agterstallige monsters in die mees onlangse syfers wat vrygestel is.

Die spanning op polisieondersoeke en vertragings in hofsake “is een van die mees ernstige hindernisse tot ‘n behoorlik funksionerende regstelsel” het sy gesê.

Agterstande in chemiese monsters (op met 103% van 2007 af) en wetenskaplike analise (61%) was ook ‘n groot kommer.

Die DA het dringende stappe voorgestel om die vakante poste in laboratoriums te vul en ‘n “baie beter” salarisskema wat gebaseer is op werkslewering.

“Die stryd teen misdaad kan net gewen word indien ons ‘n goedbestuurde polisiemag het met goeie hulpbronne, dit is duidelik dat die ANK dit nie ‘n realiteit kan maak nie,” het Kohler-Barnard gesê.

Verlede week het die party gesê dat 8286 polisievuurwapens verloor is, gesteel is of andersins misplaas is.

куртки для девочек 10 летФильчаков Александр Васильевич