Die koffieunievoorsitter het boere uitgedaag om hul boerderymetodes aan te pas en ou praktyke te laat vaar.
Hy het gesê kwaliteit- en kwantiteitproduksie van die oes is die geheim omdat dit goeie pryse sal behaal.
Die koffieunievoorsitter het boere uitgedaag om hul boerderymetodes aan te pas en ou praktyke te laat vaar.
Hy het gesê kwaliteit- en kwantiteitproduksie van die oes is die geheim omdat dit goeie pryse sal behaal.
Die miljoene dollar wat die regering beplan om op stralers uit te gee kan gebruik word om drinkbare water aan ten minste een kiesafdeling in die hoofstad bekikbaar te stel, kla die opposisie.
Die hartseer waarheid is dat Akkra ‘n oorvloed vars drinkbare water uit nabye Voltameer kan hê, maar baie van die pype is gebreek en weinig word aan die herstel daarvan onderneem.
Lord Carrington, die voormalige Britse minister van buitelandse sake, het Brittanje se rol tydens die Lancasterhuisberaad wat Mugabe in 1980 aan bewind geplaas het, verdedig.
Maar Carrington verontskuldig Brittanje deur die ondergang van Zimbabwe suiwer aan Mugabe se selfsug en waansin toe te skryf en nie aan die stelsel wat Brittanje by Lancasterhuis ontwerp het nie.
Hy sê ook dat wat nou in Zimbabwe gebeur eintlik niks met Brittanje te make het nie. Die land is ook nie ‘n koloniale vyand soos wat Mugabe probeer uitmaak nie, maar kan trots wees op al die hulp wat Brittanje aan Zimbabwe gegee het en steeds gee.
Daar word verwag dat Brown Mbeki sal vra om sy invloed oor president Robert Mugabe te laat geld om verlede naweek se verkiesingsuitslae bekend te maak. Mugabe het tot dusver die bekendmaking vertraag.
Zimbabwe was voorheen ‘n Britse kolonie voor Mugabe die land na onafhanklikheid gelei het met Britse steun.
‘n Span bergklimmers het Donderdag egter planne bekend gemaak vir ‘n omgewingsvriendelike poging om Everest aan te durf waar menslike afval nie eers sal agterbly nie.
‘n Amerikaansontwikkelde Clean Mountain Can sal aan alle rugsakke vasgegespe word as hulle suksesvol is in hul poging. Die idea het ontstaan toe menslike afval op ‘n piek wat as heilig
beskou word deur die Sjerpa’s en Tibetane, opgemerk is.
Derdewêreld lande met bevondsings- en mannekragprobleme, kan grootliks hierby baat
omdat daar slegs een dokter vir elke 37 000 mense in Ethiopië is, volgens ‘n Indiese radioloog.
Ethiopië se gesondheidsprobleme is oral is Afrika sigbaar waar gekwalifiseerde dokters en verpleegsters verkies om elders te gaan werk en
waar mense in landelike gebiede kilometers moet loop na die naaste kliniek.
‘n Deel van die grot het egter ineengestort as gevolg van sneeu wat smelt en daarom wag 24 lede van die sekte tans die einde van die wêreld in huise in ‘n dorpie 700 kilometer van Moskou af.
Ciprus is sedert 1974 verdeel toe Turkye die eiland binnegeval het na ‘n Grieksgeleide staatsgreep. Barrikades is egter al vroeër deur Turkse Cipriote opgerig in 1958, gevolg deur ‘n permanente blokkade in 1963 ná etniese geweld.
Griekse en Turkse Cipriote het verlede maand ooreengekom om samesprekeinge te voer en sodoende ‘n vyfjaaroue dooiepunt in reunifikasie pogings beëindig.
Afrikaministers het Woensdag gesê dat voedselskaarste geleenthede vir beter voedselproduksie in sommige Afrikalande bied.
Die ministers is van mening dat toepaslike beleidsrigtings gesoek moet word om die effek van stygende voedselpryse op lewenstandaarde te versag, veral vir kwesbare groepe.
‘n Man is in die Ivoorkus gedood en 24 ander in Senegal in hegtenis geneem tydens gewelddadige opstande oor die naweek as gevolg van hoër voedselpryse.
Gasmaskers is tydens die eerste Golfoorlog in 1991 uitgedeel. Die maskers is weer teruggeneem aan die einde van 2006 om dit na te gaan vir foute.
Israelse media het bekend gemaak dat ‘n uitgebreide burgerlike weerbaarheidsoefening binnekort sal plaasvind.