Ek het pas teruggekeer uit die VSA, waar dr Dan Roodt die saak van die Afrikaner en Suid-Afrika se blankes gaan stel het aan verskeie meningsvormers en lede van die Amerikaanse regering. Dit was ‘n uiters waardevolle reis, en ek glo dat ons vele vriende vir ons saak gemaak het. Ten eerste was ons by
Suid-Afrika “presteer” met elmboog lig
“Met armoede en ‘n onvermoë om vir basiese dienste te betaal onder Suid-Afrikaners se grootste probleme, is dit skokkend dat die Wêreldgesondheidsorganisasie die land nou onder die top vyf lande in die wêreld plaas waar alkoholmisbruik ‘n probleem is,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP). “Volgens vroeëre syfers gebruik Suid-Afrikaners per
Noordwes betaal nie tydelike onderwysers
Onderwysers met tydelike aanstellings in Noordwes het steeds nie hulle Januarie-salaris ontvang nie. Die moontlikheid bestaan dat hulle nou ook nie Februarie salaris sal ontvang nie. Streekskantore van die departement van Onderwys beskuldig Mmabatho vir die probleem. “Dit is onaanvaarbaar dat tydelike onderwysers nie hulle salarisse ontvang nie en getuig van swak administrasie en onbeholpenheid.
Swak dienslewering kan lei tot burgerlike opstand
“Die dreigende staking van die Suid Afrikaanse munisipale werkersvakbond Samwu kan munisipale dienslewering in Gauteng en elders in Suid Afrika tot stilstand dwing,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-woordvoerder en LPW vir Gauteng gesê. “Die opstande in Ermelo en elders in die land herinner aan die situasie in Egipte waar die benadeelde burgery in opstand
Lees verder: Swak dienslewering kan lei tot burgerlike opstand
Jordanië wil nagklubs sluit
Talle Moslemgemeenskapsleiers eis tans dat nagklubs en diskoteke in Jordanië gesluit moet word, aangesien “sulke vermaak die nasie se morele waardes aantas”. Jordanië se grootste opposisiegroep, die Moslem-Broederskap, het in die verlede reeds sulke eise gemaak. Die oproep Woensdag is egter deur ‘n hele aantal onafhanklike geestelikes ondersteun – ‘n teken dat die idee toenemend
Wêreldbank waarsku dat voedselpryse ‘gevaarlike’ vlakke bereik het
Internasionale voedselpryse het tot “gevaarlike vlakke” gestyg wat kan bydra tot politieke onstabiliteit, miljoene mense in armoede kan dompel en die koste van kruideniersware kan verhoog, volgens ‘n nuwe verslag van die Wêreldbank. Die bank het ‘n verslag vrygestel Dinsdag waarin aangedui word dat internasionale voedselpryse met 29 persent in die afgelope jaar opgegaan het,
Lees verder: Wêreldbank waarsku dat voedselpryse ‘gevaarlike’ vlakke bereik het
CBS-korrespondent wreed verkrag op Tahrirplein
Op Vrydag, 11 Februarie, die dag toe die Egiptiese president Hosni Mubarak uitgetree het, is die Amerikaanse nuusstasie CBS se hoof buitelandse korrespondent Lara Logan seksueel aangerand. Die vreugde wat op Tahrirplein geheers het, het sy vir ‘n “60 Minutes” storie gaan dek. Sy en haar span en hul veiligheidswagte is egter te midde van
Libië loop ook deur
Onluste wat lande in die Midde-Ooste teister, het nou ook in Libië uitgebreek. Sowat 2 000 mense in die stad Bengazi betoog, en die polisie onder klippe gesteek. Die polisie het gereageer deur die betogers met rubberkoeëls, waterkanonne en traangas tot orde te probeer dwing. Volgens die BBC het die betoging losgebars nadat ‘n advokaat
Wapen van massavernietiging?
светодиодные торшерыФильчаков Александр Васильевич
Israel sluit diplomatieke missies
Israel se ministerie van buitelandse sake het tydelik hul diplomatieke missies in vier lande gesluit weens terreurdreigemente teen Israelse teikens. Die dreigemente is blykbaar gekoppel aan die herdenking van die dood van ‘n voormalige Hezbollah-bevelvoerder, Imad Mughniyeh, wat in 2008 in ‘n ontploffing in Sirië dood is. Hezbollah hou Israel vir die ontploffing verantwoordelik en
