praag.co.za

Noordwes betaal nie tydelike onderwysers

Written by

in

Onderwysers met tydelike aanstellings in Noordwes het steeds nie hulle Januarie-salaris ontvang nie. Die moontlikheid bestaan dat hulle nou ook nie Februarie salaris sal ontvang nie. Streekskantore van die departement van Onderwys beskuldig Mmabatho vir die probleem.

“Dit is onaanvaarbaar dat tydelike onderwysers nie hulle salarisse ontvang nie en getuig van swak administrasie en onbeholpenheid. Daar word verwag van onderwysers om gehalte onderrig te gee, maar hulle huishoudings word ontwrig omdat rekenings nie betaal kan word nie. Geen verduideliking word gegee nie en die vinger word na Mmabatho gewys wat die administrasie moet hanteer. Die premier het onderneem dat dienslewering ‘n prioriteit sal wees, maar duidelik word sy gesaboteer deur die administrasie. Daar moet dadelik opgetree word anders gaan Noordwes met dieselfde dilemma as die Oos-Kaap worstel om gehalte onderwys te verseker,” sê Pieter Groenewald (LP), provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Noordwes.

“Ek het reeds Maandag ‘n skrywe gerig aan die Premier se kantoor. Haar privaatsekretaris het gesê die premier is by ‘n bosberaad. Bosberade het seker hulle doel, maar dit wil voorkom dat alles tot stilstand kom as die premier nie op kantoor is nie. Dit is tekenend van onbeholpenheid en onbevoegdheid in die administrasie,” het Groenewald gesê.

no deposit slotФильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply