praag.co.za

Suid-Afrika “presteer” met elmboog lig

Written by

in

“Met armoede en ‘n onvermoë om vir basiese dienste te betaal onder Suid-Afrikaners se grootste probleme, is dit skokkend dat die Wêreldgesondheidsorganisasie die land nou onder die top vyf lande in die wêreld plaas waar alkoholmisbruik ‘n probleem is,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Volgens vroeëre syfers gebruik Suid-Afrikaners per capita 9 liter skoon alkohol per jaar. As in gedagte gehou word dat ongeveer die helfte van die bevolking geen alkohol gebruik nie, is dit ‘n skokkende hoeveelheid. ‘n Paar jaar gelede is beraam dat alkoholmisbruik die land jaarliks minstens R9 miljard kos in ongelukke, vroeë sterftes hospitalisasie ens.

“Maar as dit kom by die opdok vir elektrisiteit en ander basiese dienste, word armoede dikwels as rede vir agterstande aangegee.

“Toe die Tshwane-raad wanbetalers se kragverbindings ontkoppel het, is hulle deur ‘n skare wat byna almal aangeklam was gedwing om dit te herkoppel. Dit rym mos nie.

“Suid-Afrikaners wat agter die deur staan moet hul koppe in skaamte laat sak.”

заливающий светильникФільчаков Олександр Васильович прокурор

Comments

Leave a Reply