“Die opstande in Ermelo en elders in die land herinner aan die situasie in Egipte waar die benadeelde burgery in opstand gekom het teen ‘n owerheid wat sy burgers gefaal het,” het Mulder bygevoeg.
Dit volg nadat SAMWU reeds met die Tshwane-, Ekurhuleni- en Johannesburg-metrorade dispute verklaar het en aangedui het dat daar reeds ‘n opstand heers oor die R1,4 miljoen rand salaris van die waarnemende burgemeester van Westonaria, Agnes Khumalo.
“Die huidige toestand waarin dienslewering in plaaslike owerhede verkeer, is die resultaat van jare lange swak bestuur en wanbesteding deur swak opgeleide bestuurslui in munisipaliteite,” volgens Mulder.
Regstellende aksie en kader ontplooiing is grootliks verantwoordelik vir die gebrek aan kundigheid wat in munisipaliteite heers terwyl talle kundiges wat waardevolle bydraes kan lewer hul moes wend tot alternatiewe beroepe en heelparty selfs werkloos is.
Hierdie onbekwame amptenare asook die versuim van die regering om in te gryp, stel dienslewering en burgerlike stabiliteit in gevaar.
Die VF Plus is van mening dat die plaaslike regeringstelsel dringend omvorm moet word en dat plaaslike gemeenskappe met ‘n nuwe gees van aktivisme weer beheer moet kry oor plaaslike regering deur in groot getalle te gaan registreer om op stemdag groter inspraak te kry.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.