Talle Moslemgemeenskapsleiers eis tans dat nagklubs en diskoteke in Jordanië gesluit moet word, aangesien “sulke vermaak die nasie se morele waardes aantas”.
Jordanië se grootste opposisiegroep, die Moslem-Broederskap, het in die verlede reeds sulke eise gemaak.
Die oproep Woensdag is egter deur ‘n hele aantal onafhanklike geestelikes ondersteun – ‘n teken dat die idee toenemend gewilder onder Moslems raak.
Jordanië se pro-Westerse regering glo nagklubs en diskoteke nodig is om die invloei van buitelandse toeriste – ‘n belangrike bron van inkomste – te verseker.
Tydens Woensdag se oproep het 109 geleerdes gesê nagklubs moedig onsedelikheid onder Jordanië se jeug, die grootste deel van die land se bevolking, aan.
