Libië loop ook deur

Onluste wat lande in die Midde-Ooste teister, het nou ook in Libië uitgebreek.

Sowat 2 000 mense in die stad Bengazi betoog, en die polisie onder klippe gesteek. Die polisie het gereageer deur die betogers met rubberkoeëls, waterkanonne en traangas tot orde te probeer dwing.

Volgens die BBC het die betoging losgebars nadat ‘n advokaat wat baie krities teenoor die bewind is, gearresteer is. Die advokaat is later vrygelkaat, maar die betoging het voortgegaan.

Die meeste waarnemers wat die uitbreek van nuwe oproer in die Arabiese en omliggende wêreld voorspel, het Libië van die lys uitgesluit. In Maandag se Christian Science Monitor is die onlustekanse in nege lande, wat Egipte en Tunisië insluit, breedvoerig bespreek, maar geen woord is oor Libië gerep nie.

Die ander lande waar onluste reeds losgebars het of verwag word, is Marokko, Algerië, Soedan, Jordanië, Sirië, Bahrein en Iran. Jemen het ook reeds onder onluste deurgeloop.

для финскойлобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae