Maselepidemie dreig in Johannesburg

Sowat 48 gevalle van masels is die afgelope maand in Johannesburg aangemeld, het owerhede Dinsdag bevestig. “Sedert die begin van September is 48 gevalle reeds in Johannesburg alleen aangemeld. Alle dele van die stad is deur die uitbraak geaffekteer,” het Nkosinathi Nkabinde, woordvoerder van die stad Johannesburg, gesê. Vanaf Januarie tot Augustus was daar slegs

Lees verder: Maselepidemie dreig in Johannesburg

Moet Obama vermoor word, vra Facebook-peiling

Die Amerikaanse geheimediens het ‘n ondersoek ingestel na ‘n peiling wat op die gewilde netwerk Facebook gedoen is wat vra of president Barack Obama vermoor moet word. Dié peiling is deur ‘n gebruiker gedoen. Die stemlys, genaamd “Moet Obama vermoor word?”, is Maandag van die blad verwyder en volgens ‘n woordvoerder vir die geheimediens het

Lees verder: Moet Obama vermoor word, vra Facebook-peiling

Wie se land is dit hierdie?

Dis maklik om die semi-retoriese vraag in die opskrif hiervan te beantwoord. Dis beslis nie meer die blankes se land nie. Ons is soos geskeide pa’s wat onderhoud betaal aan die ma’s wat alleentoesig oor die kinders verkry het. Jy het geen of min regte nie, maar jy moet wel betaal. Alhoewel ons steeds die

Lees verder: Wie se land is dit hierdie?

Sappige aarbeie

{jathumbnail off} Hier is nou ‘n maklike slaai vir twee mense. Boonop is daar ‘n spesiale aanbod op lekker sappige aarbeie by die groentewinkel wat dit ook ‘n sakpasete maak.AARBEI, FETA EN SPINASIESLAAI ‘n Klein houertjie aarbeie, stingels verwyder en gehalveer.Rangskik op ‘n handvol babaspinasieblare.Krummel ‘n skyfie fetakaas oor die aarbeie en spinasie en ‘n

Lees verder: Sappige aarbeie

Loods het voorheen in ‘n huis ingeploeg

Die loods wat met sy vliegtuig in ‘n skoolheining ingeploeg het in Merebank, KwaZoeloe-Natal, het voorheen ‘n ander vliegtuig in die dak van ‘n woonhuis vasgevlieg. Volgens die Suid-Afrikaanse Burgerlike lugvaartowerhede se verslag het kaptein Alistair Freeman en sy vyf passasiers op 21 Augustus 2005 vanaf Manzengwenya-lughawe opgestyg met ‘n huurvlug na Virginia-lughawe. Ten spyte

Lees verder: Loods het voorheen in ‘n huis ingeploeg

Rooi is die kleur van die toekoms

Nuus wat so stuk-stuk na vore kom vanuit die vakverbond, Cosatu, se kongres dui onteenseglik daarop dat die spanning in Alliansiegeledere nie met die regeringsverandering verdwyn het nie. Die arbeidsbeen van die regering het sy gunstelinge in die ANC en nog ‘n hele paar swartskape wat nie saam met Thabo Mbeki verdwyn het nie. Die

Lees verder: Rooi is die kleur van die toekoms

Alonso loop na Ferrari oor

Die voormalige wêreldkampioen Fernando Alonso, wat die afgelope twee seisoene vir Renault gejaag het, het so pas ‘n kontrak met Ferrari geteken. Dit sal amptelik aanstaande Donderdag bekendgemaak word. Die 28-jarige Spanjaard sal van 2010 af vir die rooi span jaag. Alonso sal Felipe Massa se spanmaat wees; dit beteken egter dat die ysman Kimi

Lees verder: Alonso loop na Ferrari oor

Fratsvloede tref Pretoria

Talle paaie in Pretoria is gesluit nadat reënbuie fratsvloede in die stad veroorsaak het. Volgens Console Tleane, woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, is Centurion, Pretoria-Wes en Pretoria-Noord die ergste getref. Hippo- en Endstraat in Centurion is gesluit terwyl Von Hagen- en Trans Oranje-straat in Pretoria-Wes gesluit is. Die DF Malan en De Waal kruising in Capitol Park

Lees verder: Fratsvloede tref Pretoria

Die Olimpiese gees…

Vier swart tieners van Chigaco is Maandag van moord aangekla nadat hulle ‘n 16-jarige medeskolier van die Fenger High School doodgeslaan het. Die polisie soek nog na drie ander verdagtes. Albert Derrion was ‘n toeskouer by ‘n geveg tussen twee groepe skoliere, toe die trop skielik op hom toegesak het en hom begin slaan en

Lees verder: Die Olimpiese gees…