Zille histeries oor ‘misdaad van Bantoe-onderwys’

Die DA-leier Helen Zille het president Jacob Zuma daarvan beskuldig dat hy “Bantoe-onderwys” steun deur “politiese gedienstigheid” aan die vakbond Sadou, ‘n filiaal van die ANC-bondgenoot Cosatu. Haar “beswaar” oor Bantoe-onderwys was weer ‘n bedekte aanval op haar mees getroue ondersteuners, naamlik oningeligte Afrikaners. Zille het nie verduidelik hoe Bantoe-onderwys en stakings verband hou nie.

Lees verder: Zille histeries oor ‘misdaad van Bantoe-onderwys’

Krieket: Kiwi’s val suutjies op nat dag aan

Die Basin Reserve in Wellington is nie ’n plek vir opgevoede mense om krieket te speel nie. Die wind waai daar, altyd, die hele tyd, behalwe as dit reën. Dit waai selfs op windstildae en op winderige dae waai dit erger, soms blykbaar uit meer as een rigting. Dié week het dit, krieket in ag

Lees verder: Krieket: Kiwi’s val suutjies op nat dag aan

Geen finale ooreenkoms oor Pretoria-naam nie, sê VF+

Die VF Plus het bevestig dat gesprekke oor die naam van Pretoria, asook sowat 27 straatname in Pretoria tans tussen die VF Plus en die ANC plaasvind, maar het gesê dat daar tans geen finale formele ooreenkoms tussen die VF Plus en die ANC rakende ‘n oplossing vir die naamkwessie bestaan nie. Die ANC in

Lees verder: Geen finale ooreenkoms oor Pretoria-naam nie, sê VF+

Pretoria se naamsonderhandelinge duur voort

Pretoria gaan sy naam dalk behou, maar meer as 27 straatname in die hoofstad sal verander word. Dit is die ANC se “aanbod” in die geheime onderhandelinge wat tans aan die gang is in die omstrede naamsveranderingstryd, het Beeld berig. Die Tshwane-metro se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, het met lede van die opposisiepartye vergader om die

Lees verder: Pretoria se naamsonderhandelinge duur voort

Skandvlek en Hoop: Die Weste en Suid-Afrika

Nog nooit was daar ’n vuriger, meer lojale, meer waardevolle vennoot van die Westerse wêreld as Suid-Afrika nie, en nog nooit is ’n  land met meer venyn verraai, verstoot en verneder nie. Nou is die Weste besig om self in ’n  krisis te verval, die soort wat hulle vir Suid-Afrika voorberei het. Ironies genoeg is

Lees verder: Skandvlek en Hoop: Die Weste en Suid-Afrika

SA maan dat Veiligheidsraad moet besluit oor Sirië

Suid-Afrika het die toenemende geweld in Sirië veroordeel en het versoek dat die land ‘n interne vreedsame politieke oplossing soek. Enige ingryping sal deur die Veiligheidsraad beslis moet word, het die departement van internasionale betrekkinge gemaan. “Die situasie bly gespanne, ten spyte van oproepe … aan die Siriese regering en die gewapende opposisie om die

Lees verder: SA maan dat Veiligheidsraad moet besluit oor Sirië

Komplot om Jeugligaleier glo te vermoor, 2 in hof

Twee mans wat verdink word van die agtervolging van die ANC-jeugliga se provinsiale sekretaris in Limpopo, Jacob Lebogo, sal na verwagting in die Polokwane-landdroshof verskyn Vrydag. Peter Mthombeni, lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, en Philip Nkuzana is in Januarie in hegtenis geneem en aangekla. Die een het homself as ‘n polisiebeampte voorgedoen en was

Lees verder: Komplot om Jeugligaleier glo te vermoor, 2 in hof

Grootste post-apartheidskandaal tref SA: E-tol

Die IVP het hulle skok uitgespreek oor die werklike redes agter die regering se besluit om voort te gaan met die omstrede Gautengse e-tolprojek ten spyte van geweldige druk deur die vakbonde en die publiek om die padheffing te skrap. Dit het ‘n week gelede bekend geraak dat die Public Investment Corporation – ‘n belegger

Lees verder: Grootste post-apartheidskandaal tref SA: E-tol

VSA dreig SA met sanksies oor olie

Byna al Suid-Afrika se olie-invoere uit Iran is opgeskort, volgens ‘n berig Donderdag. “[Na my wete], vloei geen Iranse olie na ons land nie,” het adjunk-minister van buitelandse sake Ebrahim Ebrahim aan SABC TV-nuus gesê. “As daar enige is, is dit baie min.” Suid-Afrika, word bespiegel, sou waarskynlik aan die Verenigde State se sanksies onderhewig

Lees verder: VSA dreig SA met sanksies oor olie