praag.co.za

SA maan dat Veiligheidsraad moet besluit oor Sirië

Written by

in

Suid-Afrika het die toenemende geweld in Sirië veroordeel en het versoek dat die land ‘n interne vreedsame politieke oplossing soek. Enige ingryping sal deur die Veiligheidsraad beslis moet word, het die departement van internasionale betrekkinge gemaan.

“Die situasie bly gespanne, ten spyte van oproepe … aan die Siriese regering en die gewapende opposisie om die geweld te stop en hul verskille op ‘n vreedsame wyse op te los,” het die departement in ‘n verklaring Donderdag gesê.

Suid-Afrika het deurgaans sy diepe kommer oor die verslegtende politieke, veiligheids-, sosio-ekonomiese en humanitêre situasie in Sirië uitgespreek.

“Ons veroordeel die gewelddadige verlies van die lewe in Sirië en vra al die partye in die konflik dat uiterste selfbeheersing toegepas sal word.

“Ons doen ‘n beroep op die partye om onmiddellik die geweld te staak en hulle te verbind tot ‘n vreedsame politieke oplossing, deur middel van ‘n eie, Siries-geleide, deursigtige en inklusiewe politieke proses wat sal voldoen aan die regmatige aspirasies van die Siriese mense.”

So ‘n proses moet ‘n waarborg van die mense se fundamentele politieke regte en vryhede verseker en politieke hervorming, geregtigheid, menseregte en sosio-ekonomiese ontwikkeling nastreef.

Suid-Afrika verwelkom en ondersteun die aanstelling verlede maand van die voormalige VN-sekretaris-generaal Kofi Annan as die VN-Arabiese Liga se spesiale gesant na Sirië, asook die sterk ondersteuning uitgespreek deur die Veiligheidsraad vir sy pogings.

Die departement het egter bygevoeg dat selfs met die Algemene Vergadering se mandaat, “bly die Veiligheidsraad die enigste grondslag oor die kwessie, want uiteindelik hang die mandaat vir ‘n VN-ontplooiing van die Veiligheidsraad af”.

Die vredesplan van Annan is vroeër hierdie week onderskryf deur die Veiligheidsraad met die steun van Rusland en China.

Verslae uit Sirië Donderdag, toon dat regeringstroepe die stad van Hama binnegedring het, na ‘n nag van swaar bombardering.

Volgens die VN se raming, is meer as 8000 mense reeds dood in die jaar-lange konflik, wat waarnemers sê in ‘n volskaalse burgeroorlog kan ontwikkel.

данильченко юрій Харків

Comments

Leave a Reply