Grootste post-apartheidskandaal tref SA: E-tol

Die IVP het hulle skok uitgespreek oor die werklike redes agter die regering se besluit om voort te gaan met die omstrede Gautengse e-tolprojek ten spyte van geweldige druk deur die vakbonde en die publiek om die padheffing te skrap.

Dit het ‘n week gelede bekend geraak dat die Public Investment Corporation – ‘n belegger vir staatsinstellings – R17 miljard in SANRAL-effekte gekoop het. ‘n Ongelooflike 89% van hierdie belegging is gemaak met fondse van die Government Employees Pension Funds.

“Ten slotte is dit duidelik waarom die regering hierdie projek ten alle koste wil red, ten spyte daarvan dat dit nie realiseerbaar is nie en ten spyte daarvan dat daar so baie openbare weerstand hierteen bestaan. Hierdie tipe van verdoeselings was algemeen onder die apartheid-regime, maar ‘n mens sou nooit kon glo so ‘n groot doofpot moontlik is in ons post-demokratiese bedeling nie,” sê Narend Singh LP, en die IVP se woordvoerder oor finansies oor die e-tolprojek.

Dit is nou duidelik dat daar groot ekonomiese kwessies op die spel is. As die tolprojek nie slaag nie, sal die regering nie net SANRAL moet red nie, maar ook die staatsamptenare se pensioenfondse.

“Dit is duidelik dat die regering hulleself tussen ‘n rots en ‘n ​​baie harde plek bevind,” sê Singh.

Hy het bygevoeg: “Hierdie matriks waarin ons onsself nou bevind is heeltemal onhoudbaar, veral omdat die pensioene van gewone burgers op die spel is. Die regering het die publiek mislei. Ons glo dat dit bes moontlik een van die grootste post-demokratiese era skandale tot op hede verteenwoordig. Ek sal hierdie saak by die volgende geleentheid in die Parlement opper, want die belastingbetaler verdien antwoorde op hierdie saak,” het Singh afgesluit.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae