VSA dreig SA met sanksies oor olie

Byna al Suid-Afrika se olie-invoere uit Iran is opgeskort, volgens ‘n berig Donderdag.

“[Na my wete], vloei geen Iranse olie na ons land nie,” het adjunk-minister van buitelandse sake Ebrahim Ebrahim aan SABC TV-nuus gesê.

“As daar enige is, is dit baie min.”

Suid-Afrika, word bespiegel, sou waarskynlik aan die Verenigde State se sanksies onderhewig gewees het as die land nie ‘n beduidende besnoeiing in aankope gemaak het nie.

Suid-Afrika het daarom gehou by ‘n versoek van die VSA om ‘n aansienlike daling in Iranse voorrade te aanvaar.

Die US Energy Information Administration het gesê Iran is Suid-Afrika se voorste ru-olieverskaffer en verantwoordelik vir sowat 29 persent van die olie-invoere, volgens Reuters.

Ebrahim is gekant teen die VSA se houding, maar het gesê Suid-Afrika het geen ander keuse gehad as om daaraan gehoor te gee nie, as gevolg van die ekonomiese skade wat die land sou ly indien daar nie voldoen is aan die eise nie.

“Ons het nie ‘n keuse in die saak nie,” het hy in Pretoria gesê.

“As ‘n soewereine land, behoort Suid-Afrika in staat te wees om olie te koop waar ons ook al wil.”

‘n Ekonoom sê die nuus dat die petrolprys aanstaande maand met tot 64c per liter kan styg, moet verbruikers onrustig stem.

Dawie Klopper, ‘n beleggingsekonoom by PSG Konsult, het gesê dié prysverhoging sal die prys van kos en vervoer nadelig tref.

Klopper het gesê verbruikers sal hul bestedingspatrone dringend moet aanpas en onnodige kostes sny.

лобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae