Onderwys tans erger as onder apartheid

Suid-Afrika se onderwysstelsel is vandag erger as die “gemorsopvoeding” wat die land onder die apartheidsregering gehad het, het die struggle-heldin Mamphela Ramphele gesê, volgens ‘n berig in The Star.

“Wiskundige geletterdheid … wat is dit? Dit is erger as die rekene wat ek onder Bantoe-onderwys geleer het,” is Ramphele aangehaal.

Sy het die sesde jaarlikse Solomon Mahlangu-lesing by die Universiteit van Johannesburg gehou.

Ramphele het die veelgeprese slaagsyfer gekritiseer en gesê dit is misleidend, want duisende word vir ‘n lewe voorberei wat geen belofte van verdere onderwys of indiensneming inhou nie.

Sy het haarself sterk uitgespreek teen die aangewese 30% slaaggemiddeld, en gesê dit breek onderwysstandaarde af en word gebruik vir politieke doeleindes.

“Kader Asmal [voormalige minister van onderwys] het vir mikropolitiek geval, toe  die 40%-slaagsyfer skielik in 70% onder sy beheer verander.”

Ramphele het ook kritiek gehad op die 70,2%-slaagsyfer wat deur verlede jaar se matrikulante behaal is.

“Daar was ‘n groot razzmatazz oor die” historiese” 70,2 persent, maar hierdie vertoning was misleidend. Minder as 500 000 mense het hul matriekeksamen geskryf; 539 102 studente [wat in graad 1 was, 12 jaar tevore] het verdwyn uit die stelsel. Die departement van onderwys moet ons vertel wat gebeur het met daardie kinders.”

топкарго кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae