Oproer kring uit na Limpopo

Nege mense is in die Thaala-lokasie, sowat 85 km van Groblersdal in Limpopo, in hegtenis geneem, het die polisie Donderdag gesê.

“Ons het nege mense in hegtenis geneem vir openbare geweld. Die betoging het laat Woensdagaand begin en het tot in die vroeë oggendure geduur,” het lt.kol. Mohale Ramatseba gesê.

Die betogers het glo vensters gebreek en privaateiendom beskadig, het hy gesê.

Die betoging het klaarblyklik oor ‘n tekort aan waterdienste in die omgewing gehandel.

Die nege sal na verwagting Vrydag in die Nebo-landdroshof verskyn.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae