Zuma se belastingprobleem “opgelos”

Image

Jacob Zuma

Jabob Zuma se voorslepende probleem met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is in Durban “opgelos”, het die ANC-adjunk-president se prokureur gister, Woensdag 11 April,  gesê.

Volgens Zuma se prokureur, Michael Hulley, “is die saak opgelos”.

Hulley het verseg om verdere kommentaar te lewer.

Adrian Lackay, die woordvoerder van die Inkomstediens, wou nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Zuma is in Februarie gedagvaar.

Die Independent on Sunday het toentertyd berig dat die dagvaarding die volledigheid van Zuma se bekendmaking van sy inkomste bevraagteken het, asook dat hy in gebreke gebly het om ’n opgawe in te dien.

Hulley het die koerant vertel dat die opgawe laat ingedien is.

“Ons het geen kommentaar nie… ons beskou mnr. Zuma se belastingsake as privaat en daar is niks om te sê nie,” is hy destyds aangehaal.

Presies hoe die saak Woensdag opgelos is, was nie onmiddellik duidelik nie.

автоинструмент купитьалександр лобановский супермаркет класс

Oorlog en onrus benadeel nie groei in Afrika, meen IMF

Afrikalande sal vanjaar ’n skerp styging in groei ervaar, het die IMF Woensdag gesê, terwyl die organisasie steeds beklemtoon het dat gesonde ekonomiese bestuur ’n sleutel bly om die verbetering vol te hou.

Die Internasionale Monetêre Fonds het in ’n ondersoek na die wêreldekonomie die korttermynvooruitsigte vir Afrika as “baie positief” beskryf, wat ’n weerspieëling van stygende ru-oliepryse vir uitvoerders is, asook makro-ekonomiese stabiliteit, ’n sterk vraag na grondstowwe en skuldverligting.

’n Toename in groei tot 6,2 persent in 2007 vanaf 5,5 persent in 2006 word voorspel, totdat dit gaan terugsak tot 5,8 persent in 2008 vanweë moontlike stadiger momentum wêreldwyd.

’n Stygende euro kan ook uitvoere kortwiek van Afrikalande wat die CFA-frank van voormalige Franse kolonies gebruik en wat vas aan die Europese geldeenheid verbind is, het die Fonds in sy tweejaarlikse Wêreldekonomiese oorsig gesê.

Met die fokus op Afrika suid van die Sahara, waar momentum van 5,7 persent in 2006 tot 6,8 persent vanjaar gaan toeneem, meen die IMF dat gewapende konflik en politieke onrus steeds vooruitsigte gaan belemmer, maar dat “die frekwensie van sulke gebeure oor die afgelope dekade in die streek as geheel afgeneem het”.

Dit suggereer dat ekonomiese beleid, eerder as sosio-politieke ontwikkelings, die hoofbepaler sal wees of sterk groei plaasvind, aldan nie,”  het die Fonds voortgegaan.

Dit het gevra dat die uitset van sektore buiten grondstowwe verhoog behoort te word, dat minder handelsbeperkings behoort te geld, asook strenger perke op regeringsbesteding in olie-uitvoerland en stappe om die sakeklimaat te verbeter.

Volgens die verslag sal Suid-Afrika se groei vanjaar daal tot 4,7 persent vanaf 5,0 persent in 2006, terwyl die betalingsbalanstekort tot 6,5 persent van die uitset gestyg het met inflasie wat tot naby die boonste perk van ’n drie tot ses persentband toegeneem het.

Terwyl die Suid-Afrikaanse sentrale bank monetêre beleid “gepas” strenger gemaak het, “mag verdere rentekoersstygings nodig wees om inflasionêre druk teen te werk, wat ’n skerper afname in produksie tot gevolg mag hê”.

“Gegewe die belangrikheid van Suid-Afrika, veral vir die res van Suider-Afrika, sal enige sodanige verlangsaming ander lande negatief raak.”

Maar in die nabye toekoms sal Afrika suid van die Sahara se lot positief deur olie-uitvoerders beïnvloed word.

Die IMF het verwys na nuwe olieproduksiefasiliteite wat in Angola en Ekwatoriaal-Guinee in bedryf gestel gaan word. In Nigerië, waar die uitset deur die geweld in die Niger-delta onderbreek is, word verwag dat produksie teen die middel van die jaar ten volle herstel behoort te wees.

Nigerië het ook daarin geslaag om sy nie-olieverwante bruto nasionale produk met ’n gemiddeld van 8 persent oor die afgelope drie jaar te laat toeneem.

Regdeur Afrika is inflasie – buiten Zimbabwe – besig om af te neem en betalingsbalanse vertoon ’n oorskot, grotendeels danksy die olieprodusente, aldus die IMF.

халат для мальчика с капюшоном купитьДанильченко Юрий Брониславович компромат

SA swartes betaal R715 miljoen vir reguit hare

Image

Reguit hare wil sy h?…

Die mark vir haarmiddels om swart hare reguit te maak, is besig om te ontplof, volgens bronne in die bedryf. Die mark vir dié middels, wat in Engels as “relaxers” oftewel ontspanners bekend staan, bedra volgens Nielsen se syfers ongeveer 100 miljoen dollar (R715 miljoen) per jaar.

Die middestede van Suid-Afrikaanse stede en dorpe wemel reeds van sogenaamde etniese haarsalonne waar ’n sessie die klant R500 of meer kan kos. Die ontspannermark in Suid-Afrika word deur Dark and Lovely, ’n produk van die Franse kosmetiekreus, L’Oréal, oorheers.

Selfs in die mees beskeie gehuggie in Afrika bestaan ’n haarsalon. In van die armer lande elders op die kontinent, geskied die toediening van ontspanners sommer onder ’n boom met ’n emmer water byderhand.

Maar die grootste mark ter wêreld bestaan in die VSA met sy swart minderheid wat tans op 38,5 miljoen te staan kom en voortdurend deur immigrasie vanuit Afrika en die Karibbiese eilande aangevul word.

Swart Amerikaanse vroue bestee volgens wetenskaplike berekeninge ’n reusagtige $225 miljoen (R1,6 miljard)  per jaar aan haarmiddels en -behandelings. Gemiddeld is dit drie keer soveel as wat blanke vroue aan hul hare bestee.

Image

Angela Davis in 1970

Die dae toe die “Afro-styl” van hare in die mode was en die toentertydse swart Amerikaanse kommunis en aktivis, Angela Davis, se foto oral met ’n groot bos kroeshare gepryk het, is lankal verby. Deesdae moet swartes reguit hare hê en basta!

Om kroeshare reguit te maak, is blykbaar geen maklike taak nie en in die laboratoria van L’Oréal in ’n futuristiese gebou in Clichy-sous-Bois, naby Parys, word daar gedurig navorsing hieroor gedoen. Onder ’n mikroskoop is die Afrika-tipe haar plat, terwyl ’n Westerling s’n ovaal lyk en ’n Oosterling s’n rond is.

Image

In ‘n L’Or?al-fabriek

Daar bestaan ook twee tipes kroeshare, een wat mens die meer Negroïede tipe kan noem en wat in Wes-Afrika en die VSA voorkom, en ’n ander van die Bantoe-tipe wat meer in sentraal- en suidelike Afrika voorkom. Die Bantoe-tipe is die heel moeilikste om reguit te maak, breek maklik en die struktuur daarvan word ook deur die ontspanners afgetakel.

’n Sekondêre mark van bevogtigers is daarom nodig om dié hare tussen ontspannersessies te behandel, wat insgelyks deur Dark and Lovely bemark word.

Omdat ontspanne hare so broos is, kan hulle nie te dikwels gewas word nie. Marknavorsing in Suid-Afrika het aangetoon dat die gemiddelde swart vrou haar hare een keer per maand was. Daarom word daar nou gekyk na ’n nuwe generasie bevogtigers wat ook anti-bakteriële eienskappe sal hê en wat aangenaam ruik.

Maar intussen lag L’Oréal al die pad bank toe. Die amptelike markgrootte van R700 miljoen per jaar in Suid-Afrika word as ’n konserwatiewe skatting beskou omdat vele middels in die informele ekonomie verkwansel word. Dit mag dalk nader aan een miljard rand per jaar wees.

Ironies genoeg is L’Oréal se wêreldwye hoofkwartier in Clichy-sous-Bois geleë, dieselfde plek waar die Franse onluste deur swartes en Arabiere in 2005 uitgebreek het.

ценаФільчаков прокурор

Mbeki se soveelste vredespoging in Afrika

Image

‘n Soldaat van AMIS

Vrese dat die konflik in Darfoer kan verhewig is bewaarheid nadat Kartoem en N’Djamena mekaar oor en weer beskuldig het van onlangse vyandelikhede. Soedan hou vol dat hulle ’n aanval uit Tsjad gestuit het, terwyl Tsjad beweer dat hulle rebelle oor die grens agtervolg het. Volgens Soedan het hulle 17 soldate verloor, maar Tsjad sê daar was 30 sterftes aan elke kant.

Thabo Mbeki, wat op besoek is aan Soedan, het Dinsdag die Chinese gesant, Zhai Joen, se versoek herhaal en gevra dat Soedan die toetrede van VN-magte om die AU (AMIS) by te staan moet heroorweeg.

Sammani al-Wassila, minister van Buitelandse Sake van Soedan, het egter Suid-Afrikaanse druk afgewys. Mbeki se raadgewers het origens aangedui dat sy verblyf hoofsaaklik  ’n besoek aan die suide van die land sal wees waar die Abuja-vredesooreenkoms in 2005 gesluit is.

AMIS-magte, gebore uit ’n voorstel van die EU, is sedert 2004 in Darfoer – in die weste van Soedan – en het intussen van 150 troepe na 7000 toegeneem in die hoop dat die konflik sal afneem.

Hulle ontoereikende en onbeholpe teenwoordigheid het egter daartoe gelei dat ’n bykomende VN-mag voorgestel is in September 2006, maar die Soedanese regering het dit van die hand gewys. Die AMIS-mandaat is nietemin deur die VN verleng en sal tot Junie 2007 strek, nadat die Veiligheidsraadresolusie 1706 vir bykomende vredestroepe nie geïmplementeer is nie.

Maandag, vóór Mbeki se besoek, was Soedan en Tsjad se weermagte in gevegte betrokke en op die grens tussen die twee lande is rebelle-aktiwiteit aan die oplaai.  

Pretoria het aangedui dat "Suid-Afrika se prioriteit lê by die aanvaarding van die hele ooreenkoms tussen die VN en die AU om ’n hibride-mag in Darfoer te ontplooi.” Indien Kartoem China en Suid-Afrika se raad volg, sal die gesamentlike mag uit 20 000 troepe bestaan. Soos China, wil Suid-Afrika graag Soedan se weerstand teen só ’n teenwoordigheid peil.

Dit is alombekend dat China traag is om druk op Omar al-Bashir uit te oefen vanweë dié land se sterk ekonomiese bande met China.  

Die jongste VN-voorstel behels die implementering van al drie fases. Tot dusver het Soedan slegs tot die eerste ingestem, maar afgevaardigdes van die AU is optimisties dat Soedan die tweede fase sal aanvaar. Dit sal die ontplooiing van etlike duisende VN-administrateurs behels en skenkings van nagenoeg 300 miljoen dollar.

Die derde fase sal dan die aankoms van die VN-vredesmag wees om die AU by te staan. Wat die Soedanese president betref, verteenwoordig dit egter ’n bedekte Westerse ingryping in Darfoer waar daar reeds 200 000 mense gesneuwel en 2 miljoen weggevlug het.

сколько каналов в зубеtopcargo развод

Zim staan laaste in ekonomiese klas

Zimbabwe, wat deur die verdrywing van blanke boere en politieke onenigheid gekortwiek word, was Afrika se swakste ekonomiese presteerder in 2006, terwyl Angola, dansy olie-uitvoere, die beste was. Aldus ’n VN-studie wat verlede week gepubliseer is.

Zimbabwe met al sy probleme het ’n negatiewe 4,4 persent groeikoers geregistreer, wat dit die slegs presterende ekonomie maak, volgens die VN se Ekonomiese Kommissie vir Afrika in ’n verslag wat in Addis Abeba gepubliseer is.

“Ekonomiese prestasie in Zimbabwe het negatief gebly… veral vanweë politieke probleme wat deur herhaalde droogtes vererger is,” meen die verslag.

Zimbabwe se inflasiekoers is nou die hoogste ter wêreld op 1 730 persent en die Internasionale Monetêre Fonds voorspel dat dit tot 4 000 persent teen die einde van die jaar gaan styg. Vier uit vyf mense is werkloos en leef in volslae armoede.

Hierteenoor het hoë olie-uitvoerpryse Angola gehelp om die studie se topposisie met 17,6 persent groei in te neem.

Mauritanië is tweede geplaas, met 14,1 persent, terwyl mineraaluitvoere Mosambiek in staat gestel het om die derde plek met 7,9 persent in te neem.

Onder aan die lys saam met Zimbabwe, het die Comores, die Ivoorkus, die Seychelle en Swaziland die laagste ekonomiese groeikoerse in Afrika behaal.

Die verslag voorspel ’n 5,8 persent groeikoers op die vasteland vanjaar, wat ’n effense verbetering van verlede jaar se 5,6 persent was, dansy die toenemende globale vraag na grondstowwe soos olie, minerale en landbouprodukte.

Maar die verspreiding van MIV/Vigs, ’n gebrek aan verskeidendheid in uitvoere en onvoorspelbare weer, asook ondoeltreffende infrastruktuur en onbetroubare energietoevoer kan verhinder dat die voorspelde groei bereik word, lui die verslag verder.

образец справки оФильчаков Александр Васильевич

500 miljoen dollar en geen demokrasie

Die internasionale gemeenskap is doodstil en het die afgelope 15 dae nog geen woord gerep oor die aanwending van hul skenkings, nagenoeg 500 miljoen dollar, ter bevordering van demokrasie aan die Demokratiese Republiek van die Kongo nie.

Die amptelike opposisie in dié land, gelei deur die eertydse vise-president Jean-Pierre Bemba, is vir alle praktiese doeleindes tot niet. Bemba is steeds ’n gas van die Suid-Afrikaanse ambassade in Kinshasa, waar hy sedert 22 Maart 2007 “gehuisves” word.

Hy wag tans vir ’n finale antwoord om na Portugal te kan reis. Alhoewel Bemba toestemming op hoogste vlak verkry het om die land te verlaat, is hy steeds in die ambassade. Hy het amptelik gevra om na Portugal te reis sodat mediese aandag aan ’n ou fraktuur geskenk kan word.

Volgens diplomatieke bronne heers daar ongelukkigheid binne sekere kringe in die regering self oor die besluit om hom te laat gaan ondanks die immuniteit wat hy as senator teen vervolging geniet. Bemba het die versekering gegee dat hy aan “geen politieke bedrywighede” tydens sy verblyf in Portugal sal deelneem nie.

Bemba se magte, oorblyfsels uit die rebellebeweging wat in ’n oorlog teen Kinshasa (1998-2003) gewikkel was, is verlede maand heeltemal deur regeringsoldate uitgewis. Bloedige gevegte, die ergste nog sedert die verkiesing van 2006 volgens sekere waarnemers, het tot die dood van tussen 200 en 500 mense gelei.

Joernaliste is nietemin deur regeringstroepe daarvan weerhou om foto’s van dooies en gewondes te neem en is by lykshuise en hospitale afgekeer.

Die eerste vier maande van Joseph Kabila se mandaat is nie net deur die algehele verbrokkeling van ’n opposie gekenmerk nie, maar ook deur skermutselings in sowel die weste as ooste van die land. Geen verklaring is voorts deur die regering uitgereik nadat die VN se hoofkwartier en TV-uitsaaistasie in die tydperk aangeval en geplunder is nie. Volgens ’n VN-woorvoerder ontvang hulle gereeld dreigemente en is hulle aan intimidasie blootgestel.

Desondanks die feit dat Kabila deur die EU berispe word vir ’n “voortydige reaksie” en “ontoepaslike” optrede, bly die president ongeërg en voel hy heeltemal geregverdig in sy besluit omdat hy “ten alle koste” orde moes herstel.

Bemba se ondersteuners het gevoel dat hul beoogde inlywing by regeringsmagte die opposisieleier sonder voldoende beskerming sou laat.

Hoe langer sy vertrek egter uitgestel word, hoe meer gekompliseerd raak die kwessie, het ’n diplomaat gekla. Daar is enersyds raadgewers van Kabila wat Bemba graag agter tralies wil sien. Vir gematigdes binne die regering sal dit andersyds nie lei tot die “normalisering” van die politieke landskap nie.

’n Westerse waarnemer meen “dat die regering beslis by die gesloer baat. Bemba is geneutraliseer en die opposisie sal nooit weer opstaan nie.” Hy het ook gesê dat die Weste se stilte oor hul skenkings ’n ramp vir die land is.

купить кухня киевлобановский александр отзывы

VSA wil Mugabe afsit

Image

Eric Bost

Die VSA het gister vir die eerste maal openlik te kenne gegee dat hulle aktief daaraan werk om Robert Mugabe, president van Zimbabwe, te ondermyn.

Onlangs het berigte oor die aanranding van Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tvangirai, aan die hand van Mugabe se veiligheidsmagte opslae gemaak.

Alhoewel Washington nie regimeverandering steun nie, het die Amerikaanse departement vir Buitelandse Sake eergister in die verslag wat vrygestel is erken dat hulle die MDC-opposisie asook ander kritici van mnr Mugabe steun.

Eric Bost, huidige VSA-gesant in SA, het voorheen sy teleurstelling uitgespreek met die “gebrek aan aksie” uit Afrika om Mugabe se termyn tot ’n einde te dwing. Die VSA se verteenwoordiger In Harare het al by verskeie geleenthede kommentaar gelewer oor die rampspoedige gevolge van Mugabe se beleidsrigtings.

Die betrokke deel is vervat in die Departement se vyfde jaarlikse Supporting Human Rights and Democracy-verslag. Daarin is alle besonderhede vervat van Amerika se wêreldwye aksies om menseregte te bevorder. Lande soos Rusland en Iran word ook breedvoerig bespreek.

Die Amerikaners het bevestig dat hulle byeenkomste borg met die oog daarop om  Mugabe se regering te “diskrediteer”.

Mnr Mugabe sal ongetwyfeld egter die bekendmaking verwelkom omdat hy reeds herhaaldelik Brittanje en die VSA van inmenging om sy bewind omver te werp, beskuldig het.

Die vrystelling van die jaarlikse verslag verloop nie altyd sonder kinkels nie. Drie jaar gelede moes dit vertraag word toe menseregteskendings deur Amerikaanse weermagpersoneel by die Abu Ghraib-gevangenis in Irak rugbaar geraak het.

Alhoewel die VSA getalm het met hul afkeur in die Mugabe-regering, was hulle verlede maand taamlik uitgesproke by die Menseregteraad (HRC) in Genève. Terwyl hulle erken het dat Zimbabwe ’n “nominale” demokraties-verkose regering het, is dit as “outoritêr” beskryf. Die verklaring lui voorts soos volg:

Om groter openbare debat oor die herstel van goeie regering [in Zimbabwe] aan te moedig, het die Verenigde State openbare byeenkomste geborg waar ekonomiese en sosiale ontledings aangebied is wat die regering se verskonings vir sy mislukte beleidsrigtings diskrediteer.

Om verder die pro-demokratiese elemente te versterk, het die VS-regering volgehou om die pogings van die politieke opposisie, die media en burgerlike samelewing te steun om demokratiese ruimte te skep en te verdedig en om persone wat die regering kritiseer te ondersteun.”

Barry Lowenkren, afgevaardigde, het volgens berigte gesê die doel van die verslag is nie noodwendig regimeverandering nie, maar moet as ’n manier om die speelveld meer gelyk te maak, gesien word. Hy het bygevoeg dat dit nodig is om aan die mense in Zimbabwe te toon dat hulle die ondersteuning van die VSA geniet.

betting systemФільчаков Олександр Васильович

Iran gee geld vir Zimbabwiese propagandastasie

Image

Die waarheid kom…

Zimbabwe gaan die Westerse media se propaganda-aanslag teen die regime van Robert Mugabe op ’n nuwe manier beperk, het dié land se staatsmedia Vrydag bekend gemaak.

“Ons mense word omsingel en gebombardeer deur Westerse media,” het die minister van Inligting, Sikhanyiso Ndlovu, aan die Ziana-nuusagentskap gesê.

Die nuwe radiostasie sal van kortgolf gebruik maak en sal die vyfde stasie wees wat deur die regering bedryf word. Volgens Zania en die regeringspreekbuis, The Herald, sal die uitsendings op 18 April begin om die 27ste herdenking van swart onafhanklikheid van Brittanje te vier.

Nadat Ian Smith in 1970 as verkiesingsoorwinnaar uit die Gemenebes gestap het, ’n republiek uitgeroep en sodoende die laaste band met die Britse kroon verbreek het, het die Britte wat vroeër by monde van Harold Wilson verklaar het dat Brittanje dit nooit sal aanvaar indien daar nie swart regering in die eertydse Rhodesië kom nie, hewige druk op alle partye uitgeoefen om Mugabe se heerskappy te bewerkstellig.

Onder die wakende oog van Brittanje is alle moontlike eertydse swart opposisiekandidate ook uit die weg geruim en duisende Matabeles is in Mugabe se wrede veldtogte uitgemoor.

Oor die nuwe stasie het die minister bygevoeg dat daar “rewolusionêre nuwe ontwikkelinge in die media gaan kom. Ons gaan by magte wees om ons eie weergawe te gee.” Hy het toe pas Iranse diplomate wat in Harare verteenwoordig is, ontmoet.

Die nuwe stasie gaan die sukkelende staat, in die knelgreep van hongersnood en wegholinflasie, 8,9 miljard Zimbabwiese dollar kos oftewel 39,6 miljoen VS dollar teen die amptelike koers.  

Mnr Ndlovu het ná sy ontmoeting met Iran se ambassadeur, Rasoul Momeni, die aankondiging oor die nuwe stasie gedoen nadat ooreengekom is om Bulawayo, die tweede grootste stad, se oudovisuele geriewe ook op te knap,

Iran het reeds toegesien dat die uitsendingsgeriewe in die hoofstad nuut oorgedoen word. 

Mugabe het agv Westerse kritiek homself gewend tot lande in Asië asook Iran om sy bewind te bestendig.

оборудование для складаЛобановский

Iran moet ook Fransman vrylaat

Nadat Iran die 15 Britse seesoldate wat aangehou was vrygelaat het, het die Franse regering ’n versoek gerig om die vrylating van navorser Stéphane Dudoignon. Die Fransman is op 30 Januarie verlede maand in die suid-ooste van die land aangekeer.

Die Quai d’Orsay, die Franse ministerie van Buitelandse Sake, het die Iranese ambassadeur op 29 Maart ingeroep om hul “bekommernis” oor Dudoingon uit te spreek in die lig van die Britse personeel se aanhouding.

Die navorser se paspoort is gekonfiskeer en hy bly tans by sy Iranese vrou se familie in Teheran. Hy is ook gelas om nie die stad te verlaat nie. Tydens sy inhegtenisname was hy besig om ’n Soennitiese straatoptog te verfilm in die dorpie Chah Bahar. Dudoignon doen navorsing in Parys by die CNRS (Nasionale Raad vir Wetenskaplike Navorsing) oor Islam se godsdiensvertakkinge en skole.

Die suid-ooste van Iran, in die besonder die provinsie Sistan-Baloetsjistan, word as ’n sensitiewe gebied beskou. In die afgelope aantal maande is ’n paar gewapende aanvalle geregistreer asook ’n bomaanval op ’n bus wat rewolusionêre wagte moes vervoer en 11 lewens geëis het. Die gebied word ook oorspoel deur dwelmhandelaars in die nabyheid van Pakistan en Afghanistan.

Iran beskuldig Brittanje en die VSA daarvan dat hulle onrus in die gebied probeer aanstook. Dudoignon is die tweede Franse burger wat aangehou word nadat Stéphane Lherbier 15 maande gelede op ’n vissersboot in die Golf gevang is. Hy is eers in Februarie vrygelaat te midde van internasionale spanning wat VN-spertye oor Iran se kernprogram betref.

комплектующие к погружному насосулобановский александр дети