Zuma se belastingprobleem “opgelos”

Image

Jacob Zuma

Jabob Zuma se voorslepende probleem met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is in Durban “opgelos”, het die ANC-adjunk-president se prokureur gister, Woensdag 11 April,  gesê.

Volgens Zuma se prokureur, Michael Hulley, “is die saak opgelos”.

Hulley het verseg om verdere kommentaar te lewer.

Adrian Lackay, die woordvoerder van die Inkomstediens, wou nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Zuma is in Februarie gedagvaar.

Die Independent on Sunday het toentertyd berig dat die dagvaarding die volledigheid van Zuma se bekendmaking van sy inkomste bevraagteken het, asook dat hy in gebreke gebly het om ’n opgawe in te dien.

Hulley het die koerant vertel dat die opgawe laat ingedien is.

“Ons het geen kommentaar nie… ons beskou mnr. Zuma se belastingsake as privaat en daar is niks om te sê nie,” is hy destyds aangehaal.

Presies hoe die saak Woensdag opgelos is, was nie onmiddellik duidelik nie.

автоинструмент купитьалександр лобановский супермаркет класс