Die leier van die MDC, Morgan Tsvangirai, het by 'n perskonferensie in Harare gepraat. Volgens hom sal 'n wen deur Mugabe bloot die onwettigheid van die huidige bewind bevestig.
Die leier van die MDC, Morgan Tsvangirai, het by 'n perskonferensie in Harare gepraat. Volgens hom sal 'n wen deur Mugabe bloot die onwettigheid van die huidige bewind bevestig.
'n Polisiehelikopter het in James Bondstyl 'n gesteelde motor op 'n grondpad tussen Satara en N'wanetsi teen 190 kilometer per uur agtervolg en uiteindelik die verdagtes aangekeer. Die operasie waartydens die lugeenheid op Nelspruit en die honde-eenheid op Witrivier saamgewerk het, word as 'n klinkende sukses beskryf.Sewe bendelede wat blykbaar deel is van 'n sindikaat wat gesteelde motors via die Krugerwildtuin na buurlande smokkel is gevange geneem.
Die beweerde bendeleier en 'n medepligtige is uiteindelik by Orpenhek in die noorde van die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.
Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, VF Plus-jeugleier, moet die probleme dringend aangespreek word. "Die VF Plus-jeug gee hiermee amptelik kennis aan die Tshwane Metroraad, die provinsiale regering en die departement van Kuns en Kultuur om die kultuurgoedere binne 30 dae te herstel. Indien daar nie opgetree word nie sal ons self ingryp en ons kultuurgoedere beskerm”, het Jansen van Rensburg gesê.
Hy het ook daarop gewys dat die Tshwane Metroraad vroeër uitgevaar het teen die VF Plus-jeug omdat hulle self die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein skoongemaak het, nadat dit deur vandaliste bygekom is. "Hierdie forte is reeds is 1897 gebou. Ons sal nie staan en toekyk hoe dit vergaan weens die ANC se onvermoë nie.”
Môre vind daar tussenverkiesings in Kenia plaas wat die vrees laat onstaan het dat hernieude verkiesingsgweld kan uitbreek.
Ses maande gelede het etniese konflik in Kenia tydens die parlementêre verkiesings losgebars met ondersteuners van president Mwai Kibaki se Party van Nasionale Eenheid en eerste minister Raila Odinga se Oranje Demokratiese Beweging wat mekaar doodgemaak en uit hul huise verdryf het.
Ongeveer 1500 mense is dood en honderde duisende is ontwortel deur die verkiesing in Desember. Om die vrede te herstel, is 'n koalisieregering intussen deur internasionale bemiddeling in die land ingestel.
Die Natal Witness berig dat kapers gepoog het om 'n plaaswerknemer van Bergville Vrydagnag lewendig te verbrand. Sy motor is aan die brand gesteek terwyl hy in die kattebak toegesluit was.Die slagoffer, die 58-jarige Tony Goble, het daarin geslaag om uit die bagasieruim van sy motor te ontsnap in weerwil daarvan dat hy oor die kop geslaan is met 'n pistool wat vier van sy tande gebreek het.
Eskom het vandag gewaarsku dat die organisasie sekere van sy tyd- en kosteteikens in sy infrastruktuuruitbreidingsprogram gaan misloop.
Volgens dié organisasie wat daar reeds 36 polities gemotiveerde moorde en 2 000 geweldslagoffers sedert die eerste ronde van die verkiesing aan die einde van Maart.
Volgens die verslag het president Robert Mugabe se Zanu PF-party oorgegaan tot 'n polities gemotiveerde veldtog van plundery en vernietiging, met diere wat geslag word, kos en eiendom wat gesteel word, asook die afbrand van wonings.
Ontwortelde buitelanders is onlangs deur die VN vertel dat hulle nie Westerse lande sal kan gaan om politieke asiel te vra nie.
Die groep het op die rotse gaan sit en vir die hooggety gewag om hulself te verdrink.
Die Nasionale seereddingsinstituut het drie reddingsbote en 'n landreddingsgroep na die toneel gestuur. Een of twee buitelanders het ingespring, maar hulle is weer terug na die strand gebring.
Volgens die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, is die situasie in Soetwater besonder gespanne.
In die Ooskaap het hernieude spanning tussen plaaslike inwoners en die buitelandse burgers opgevlam, met een man dood en verskeie winkels in Port Elizabeth wat geplunder is.
President Thabo Mbeki het 'n algehele laagtepunt in sy gewildheidskoers bereik.
Die jongste meningspeiling wat deur TNS-navorsingsopnames gepubliseer is, toon dat Mbeki slegs die steun van 37% van die bevolking geniet.
Nie so lank terug nie, in April 2005, het Mbeki se steun op 66% gestaan.
Intussen het die ANC-president Jacob Zuma ook 'n taamlik lae 36%-koers van die Suid-Afrikaanse publiek ontvang vir sy pligte as leier van die regerende party.
Van alle swart taalgroepe, steun die Zoeloes Mbeki die minste.