Swarte maak kennis met Kiwi-rassisme

Vata Ngobeni, ‘n swart Suid-Afrikaanse rugby-joernalis, is in die vroeë oggendure aangehou nadat die polisie in Taupo, Nieu-Seeland, hom in ‘n kroeg aangekeer het. Die polisie het vermoed dat Ngobeni, ‘n werknemer by Pretoria News, ‘n dwelmhandelaar is. Hy is ook ‘n rugby-ontleder vir die SABC. Ngobeni is Maandagoggend na ‘n polisiestasie geneem en deursoek.

Lees verder: Swarte maak kennis met Kiwi-rassisme

Motlanthe in Sjina

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe kom Dinsdag in Sjina aan op ‘n besoek wat daarop gemik is om politieke en ekonomiese bande tussen die lande te versterk. Te midde van ‘n trae internasionale ekonomie wend talle moondhede hulle tot die wêreld se naasgrootste ekonomie vir beleggings en handelsgeleenthede. Suid-Afrika en Sjina het reeds sterk bilaterale betrekkinge sowel

Lees verder: Motlanthe in Sjina

Demokrasie of pigmentokrasie?

‘n Pigmentokrasie kan nie ‘n demokrasie wees nie, al sou so ‘n land al die strukturele eienskappe besit soos verkiesings wat met ‘n liberale grondwet gepaard gaan. ‘n Pigmentokrasie kom voor in lande waar die nuutgevonde vryheid op politieke gebied binne ‘n vrye mark omgewing verkry word en waar markdominante etniese minderhede bestaan. Suid-Afrika is

Lees verder: Demokrasie of pigmentokrasie?

Woon in ‘n balie… soos Diogenes

Skakel gerus in op praagTV eerskomende Vrydagaand 30 September om 20.00 vir ‘n interaktiewe praatjie deur dr. Dan Roodt oor die volgende onderwerp: “Diogenes, askese en Afrikanerdekadensie” by die volgende skakel: http://www.livestream.com/praag Askese, onthouding en die stryd van die mens teen sy drifte, asook materialisme, is onderliggend aan die Westerse beskawing en die Christelike etos.

Lees verder: Woon in ‘n balie… soos Diogenes

Palestyne spartel, VSA geïsoleer

Die Palestyne se inisiatief om by die VN erkenning te soek as ‘n staat, en wat Maandag voor die Veiligheidsraad sal dien, staar ‘n opdraande stryd in die gesig om die nege stemme wat nodig is vir goedkeuring te beveilig. Sonder daardie stemme in die 15-lid liggaam, sal die Verenigde State van Amerika die verleentheid

Lees verder: Palestyne spartel, VSA geïsoleer

Afrikaans op sy beste

Aksie ten bate van Afrikaans is broodnodig. Sulke inisiatiewe word egter grootliks onvermeld in die Afrikaanse hoofstroomkoerante en dit terwyl hulle klaarblyklik finansieel by die onderskraging van Afrikaans kan baat. In die KaapRapport, 11 deser, p 06, word berig dat daar tussen formele en informele taal en tussen skryf- en praattaal onderskei word. Standaardafrikaans word

Lees verder: Afrikaans op sy beste

Selfverdediging dalk ook strafbaar onder nuwe wet

‘n Nuwe wetsontwerp gaan selfverdediging haas onmoontlik maak in ‘n land wat spog met ongekende vlakke van geweld en misdaad. Drie jaar agter tralies wag vir diegene wat met speelgoedgewere, pepersproei, messe en ander “gevaarlike wapens” in openbare plekke betrap word as die wet aanvaar word. Selfverdediging sal nie as verweer gebruik kan word in

Lees verder: Selfverdediging dalk ook strafbaar onder nuwe wet

Jong Kommuniste kla oor name by matriekuitslae

Die Jong Kommunistiese Liga se sekretaris, Buti Manamela het ‘n beroep op die regering gedoen om die publikasie van matriekuitslae in koerante te staak, want, sê hy, dit dra by tot die hoë voorkoms van selfmoord onder tieners. Manamela het Sondag in Johannesburg gesê dat die liga aan die departemente van basiese en hoër onderwys

Lees verder: Jong Kommuniste kla oor name by matriekuitslae

Kaapstadse oproermakers kalm

Die situasie is kalm vanoggend in Bloekombos naby Kraaifontein buite Kaapstad waar agterplaas-bewoners gister munisipale grond beset en plakkershutte begin oprig het. Gewelddadige botsings het uitgebreek tussen die bewoners en die polisie. Die bewoners beweer dat hulle deur die huiseienaars waar hulle woon, uitgeskop is. Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die oproerige skare uiteen

Lees verder: Kaapstadse oproermakers kalm