Ruda Landman gaan teen wit rassiste opstaan

‘n Verontwaardigde Ruda Landman het die afgelope week aan Rapport gesê sy is keelvol daarvoor dat rassiste aanneem sy is ook een net omdat sy ook wit is. Landman, wat blykbaar bekommerd is dat sy nie meer deur die publiek as ‘n bekende gesig opgemerk word nie, het aan Rapport gesê sy gaan nooit weer rassistiese opmerkings

Lees verder: Ruda Landman gaan teen wit rassiste opstaan

Boer deur verkeerspolisie aangerand

Die “intervensie-eenheid” van Mpumalanga se verkeersdepartement se eerste dag in die veld, het gelei tot die ernstige aanranding van ‘n 42-jarige wit boer van Grootvlei omdat sy remlig glo stukkend was. ‘n Woordvoerder van die departement van veiligheid en sekuriteit, het die voorval bevestig. Lt.kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die saak word ondersoek. Rikus Ras is

Lees verder: Boer deur verkeerspolisie aangerand

Staatsamptenare woedend oor ‘militarisering’ mbv Kuba

Die Vereniging van Staatsamptenare gaan die departement van binnelandse sake dagvaar as gevolg van wat hulle beskou as ‘n poging om die departement te militariseer deur die werwing van lede van die weermag. Volgens hofstukke is die departement besig om ‘n ​​”sekuriteitsdepartement” te word, geskoei op ‘n samewerkingsooreenkoms wat met die Kubaanse regering onderteken is.

Lees verder: Staatsamptenare woedend oor ‘militarisering’ mbv Kuba

Bono sê Tutu ‘trap in Christus se spore’

Die Britte het die groot kannone gelaai vir Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu se 80ste verjaarsdag. Nie net is die Aartsbiskop van Kantelberg op pad na Suid-Afrika nie, maar glanspersoonlikhede in die Britse stal het op Kaapstad toegesak. Die Ierse musikant Bono het van die kansel van die St George’s Katedraal in Donderdag vir Tutu gesing.

Lees verder: Bono sê Tutu ‘trap in Christus se spore’

Afrika lanseer ruimteprogram in SA

Die kos op die tafel kan uiteindelik afhang van ons kennis van die ruimte. So sê Dr. Seidu Mohammed, direkteur-generaal van Nigerië se Nasionale Ontwikkelingsagentskap vir Ruimtenavorsing. Hy sê ontwikkelende lande sal in tegnologie moet belê omdat voedselsekuriteit daarop staatmaak. Afrika is ver agter wat tegnologiese vooruitgang betref nadat verskeie sulke programme wat onder die

Lees verder: Afrika lanseer ruimteprogram in SA

Wêreld treur oor Jobs se heengaan

Steve Jobs, die rockster van tegnologie, se heengaan word deur aanhangers, bekendes, politici en korporatiewe leiers soos die afsterwe ‘n pop-ikoon betreur. Jobs, ‘n aangenome kind, was die biologiese seun van ‘n Siriese Moslem-immigrant wat na die VSA gekom het. By Apple se hoofkwartiere, wat deur Jobs 1 Infinite Loop gedoop is, het ‘n klein

Lees verder: Wêreld treur oor Jobs se heengaan

Metropolisie met vals nommerplate vas

Drie beamptes van die Tshwane-metropolisie is Donderdagoggend in hegtenis geneem nadat hulle in ‘n motor met vervalste nommerplate gery het, het die Padverkeersbestuurkorporasie (RTMC) gesê. Die drie metropolisiebeamptes – wat in volle uniform geklee was – het in ‘n privaatvoertuig gery toe hulle afgetrek is gedurende ‘n operasie op ‘n hoofpad buite Pretoria, het Ashref

Lees verder: Metropolisie met vals nommerplate vas