Sirië berei ‘n transaksie voor met Rusland om broodnodige olieprodukte te verseker om die ekonomie en weermag aan die gang te hou, het die hoof van ‘n Siriese afvaardiging na Rusland gesê Dinsdag. Die Siriese adjunk-premier vir Ekonomiese Aangeleenthede Qadri Jamil sê sanksies deur die Verenigde State en die Europese Unie byt die Siriese ekonomie.
Moenie wag vir die begrafnis nie
Die bekende Nigeriese “profeet” Temitope Balogun Josua het in Ferbuarie vandeesjaar “geprofeteer” dat ‘n ou Afrika-diktator binne die volgende 2 maande die emmer gaan skop. Mandela en Mugabe is egter nog springlewendig. Nou hoor ‘n mens al die gekerm dat Mandela nie ‘n diktator is nie, maar ‘n vryheidsliewende demokraat. Maar sy nalatenskap begin baie
Dene Smuts se amateuragtige ‘race baiting’
Dene Smuts se antwoord op die slagting by Marikana, is ‘n heftige aanval op die Boeremag. Dis ‘n onnosele oefening in “race baiting”, soos die Amerikaners graag daarna verwys. Iemand moet tog die beswaarde Smuts inlig dat haar ou voorvader dieselfde gedoen het gedurende die 1922-staking. Niks om op trots te wees nie. En haar
Geweld oor… wasmasjiene
Lesings het tot stilstand gekom by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Pietermaritzburg-kampus gister toe studente geprotesteer het teen gebrekkige stowe, die gebrek aan wasmasjiene en die swak toestand van koshuise. Hulle het gesê dat hulle in koue water bad en dat daar gereelde kragonderbrekings by die koshuise is. “In kort is dit pateties, ons leef
Regsvereniging vra nadoodse ondersoeke
Die nadoodse ondersoeke van die werkers wat tydens die Lonmin-betoging in Marikana geskiet is, sal waardevol wees in pres. Jacob Zuma se ondersoek, het die Regsvereniging van Suid-Afrika Dinsdag gesê. “Die families van al die oorledenes is geregtig om patoloë en ander kenners van hul keuse te kry om hulle by te staan tydens hierdie
SA se werkers vernietig waarde
Suid-Afrika se arbeidsproduktiwiteit is “hopeloos”, met die prestasie van die land se openbare sektor veral pateties, sê Prophet Analytics se kwartaallikse Labour Market Navigator, wat Maandag vrygestel is. Die navorsing het bevind dat privaatsektor arbeidsproduktiwiteit tot 450% hoër is as in die openbare sektor. Die opname het ook bevind dat alhoewel privaatsektor arbeidsproduktiwiteit geweldig verskil,
Londen sal baat by Griekse uittrede
Die Finse minister van buitelandse sake het onthul dat regerings in die Eurosone in die geheim gebeurlikheidsplanne maak vir Griekeland om die Eurosone te verlaat. Die minister het dit in ‘n onderhoud met die BBC bekend gemaak. Die Griekse eerste minister sal sy land se besparingsmaatreëls vandeesweek met die leiers van Frankryk en Duitsland bespreek.
Massamoord-mediasie
Joernaliste van sekere groot media-organisasies het nie toegang tot Sirië nie, maar dit verhoed hulle blykbaar nie om die rebelle se aksies te steun in weerwil van bewyse dat die geweld deur sommige Westerse magte gedryf word nie. Wiens brood men eet… Hulle houding het daartoe gelei dat voorstanders van diplomasie sarkasties opgemerk het dat
Is Naspers-voetewassers, NUM, Ramaphosa en Solidariteit kop in een mus?
Skoppensboer is elke dag meer verbaas oor die Suid-Afrikaanse heersersklas se vermoë om homself te handhaaf. Die voetewassers van Die Burger en Beeld wat elke dag nog krokodiltrane oor Sharpeville of Soweto huil, vind dit normaal dat die ANC se polisie goedsmoeds 34 swart mynwerkers afmaai en 78 ander beseer. Soos PRAAG elders op hierdie
Lees verder: Is Naspers-voetewassers, NUM, Ramaphosa en Solidariteit kop in een mus?
Waar was Zuma?
Pres. Jacob Zuma moes self met die stakende werkers by Lonmin gepraat het toe hy die myn verlede week besoek het, het die IVP Maandag gesê. “Mense het hul lewens hier verloor. Die president moes ten minste met hierdie werkers gepraat het en sy medelye persoonlik oorgedra het,” het Nhlanhla Msimango, woordvoerder van die Inkatha-Vryheidsparty,
