SA se werkers vernietig waarde

Suid-Afrika se arbeidsproduktiwiteit is “hopeloos”, met die prestasie van die land se openbare sektor veral pateties, sê Prophet Analytics se kwartaallikse Labour Market Navigator, wat Maandag vrygestel is.

Die navorsing het bevind dat privaatsektor arbeidsproduktiwiteit tot 450% hoër is as in die openbare sektor.

Die opname het ook bevind dat alhoewel privaatsektor arbeidsproduktiwiteit geweldig verskil, is die sektor nie sonder uitdagings nie.

Slegs 65 JSE-genoteerde maatskappye behaal arbeidsproduktiwiteit wat werknemerkoste oorskry.

Die vier bestes van die 65 – RMB Holdings, Vukile Property Fund, Investec Bank en Assore – genereer meer as R100, 000 van die jaarlikse bedryfskontantvloei per werker ná die bydrae van kapitaal in die produksieproses.

“Hierdie bevindings ondersteun ander data wat toon dat arbeidsproduktiwiteit vir die Suid-Afrikaanse ekonomie as ‘n geheel gedaal het na ‘n 40-jaar laagtepunt en kapitaal se aandeel van die nasionale inkomste het dienooreenkomstig gestyg van 39,9% tot 47,2%,” sê Peter Aling, die ontleder verantwoordelik vir die samestelling van die navorsing.

Aling sê produktiwiteit, waarna verwys word as die beste aanwending van beskikbare hulpbronne, as “‘n kardinale ekonomiese doel” beskou word.

Die ontleder het ‘n dwarsklap na die Suid-Afrikaanse Reserwebank se meting van arbeidsproduktiwiteit in terme van uitset per werker gegee.

Aling het gesê dus het “kapitaalproduktiwiteit”, volgens die Reserwebank, jaarliks met 1% gedaal. In inflasie-aangepaste terme, sou ‘n eenheid van kapitaal R7, 297 ter waarde van produksie in 1967 gelewer het en R4, 924 hierdie jaar.

“Hulle (syfers) verduidelik nie nie waarom maatskappye voortgaan om werkers in groot getalle af te dank nie (1,9 miljoen sedert die hoogtepunt in die laat 1980’s), en hulle verduidelik nie waarom arbeid se aandeel van die nasionale inkomste gedaal het van 60,1% in 1995 na 52,8 % in 2011 nie,” het hy gesê.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het meer en meer uitset met minder en minder werkers, het Aling aangevoer.

“Suid-Afrikaanse werkers, oor die algemeen, vernietig waarde, met die gevolg dat hulle geleidelik minder gemaak word,” het hy gesê.

Oor kapitalisme, het die ontleder gesê kapitalisme beteken gewoonlik om konsekwent te wees met ligte regulasies vir besigheid en ‘n lae totale belasting.

“In beide hierdie dimensies vaar Suid-Afrika baie swak: 144 uit 183 lande in terme van besigheidsregulasies, en 116 uit 178 lande in terme van belasting,” het hy gesê.

лобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae