Die nadoodse ondersoeke van die werkers wat tydens die Lonmin-betoging in Marikana geskiet is, sal waardevol wees in pres. Jacob Zuma se ondersoek, het die Regsvereniging van Suid-Afrika Dinsdag gesê.
“Die families van al die oorledenes is geregtig om patoloë en ander kenners van hul keuse te kry om hulle by te staan tydens hierdie traumatiese tyd sodat hul regte onder die grondwet beskerm geniet,” het die vereniging in ‘n verklaring gesê.
“Sulke nadoodse ondersoeke word gedoen volgens die wet op geregtelike doodsondersoeke met die doel om die oorsaak van die dood vas te stel, sowel as faktore wat met die dood verband hou.”
Altesaam 34 mense is Donderdag dood nadat die polisie op stakende mynwerkers losgebrand het.
