Londen sal baat by Griekse uittrede

Die Finse minister van buitelandse sake het onthul dat regerings in die Eurosone in die geheim gebeurlikheidsplanne maak vir Griekeland om die Eurosone te verlaat.

Die minister het dit in ‘n onderhoud met die BBC bekend gemaak. Die Griekse eerste minister sal sy land se besparingsmaatreëls vandeesweek met die leiers van Frankryk en Duitsland bespreek.

Duitsland het die naweek gesê daar is perke aan die hulp vir Griekeland en dat dié land nie nog ‘n reddingsboei moet verwag nie.

Griekeland het kontra-sikliese ekonomiese maatreëls ingestel op aanbeveling van Amerikaanse en Britse raadgewers wat die land in ‘n moeilike posisie teenoor die EU geplaas het.

Sommige ontleders meen dit was juis gedoen om die EU in die verleentheid te stel.

Arm lande in Afrika en Latyns-Amerika weet egter daar is lewe en ekonomiese herstel na ‘n soewereine skuldkrisis sê Ann Pettifor, direkteur van die New Economics Foundation.

Lande wat in die 1990’s in gebreke gebly het, se resessies was van korte duur. Argentinië het met 8% gegroei daarna, Rusland met meer as 7%, en Indonesië met 5% na hulle krisis.

Natuurlik Griekeland sal aanvanklik aan erge skok en ekonomiese inkrimping ly. Sy elites sal hul rykdom uitvoer, na byvoorbeeld, die Stad van Londen waar die inspuiting meer as welkom sal wees.

Griekeland sal ‘n alternatiewe, parallelle geldeenheid uitreik – teen ‘n groot afslag mbt die euro – om binnelandse ekonomiese aktiwiteit te finansier.

Griekse uitvoerders glo hulle sal voordeel trek uit ‘n mega-devaluasie van die nuwe geldeenheid, en verhoogde mededingendheid teenoor Europese vennote, veral Duitsland.

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae