Die Siriese adjunk-premier vir Ekonomiese Aangeleenthede Qadri Jamil sê sanksies deur die Verenigde State en die Europese Unie byt die Siriese ekonomie.
Twee afsonderlike Siriese afvaardigings het Moskou hierdie maand besoek ten einde te onderhandel vir belangrike ekonomiese hulp, met inbegrip van ‘n lening.
Sirië is een van Rusland se laaste Midde-Oosterse bondgenote en onderhou ‘n diepseehawe vir die Russiese vloot aan hulle kus.
Rusland wou nie kommentaar lewer oor die olie-vir-olie ruiltransaksie nie. Die Weste hou vol dat Sirië se dae getel is en terwyl hulle aktief die bloedige opstand in die land ondersteun.
Die land stuur tans af op ‘n balkanisering.
EU-regerings het ooreengekom om die invoer van Sirië se olie te verbied, sowel as om Europese maatskappye te verbied om nuwe beleggings in die olie-industrie te maak.
The Wall Street Journal het vroeër hierdie maand berig dat Sirië planne maak om Russiese banke te gebruik as deel van ‘n skema om sanksies op olie-en finansiële transaksies te omseil.
Venezuela het ook na vore gekom as ‘n verskaffer van diesel na Sirië vroeër vanjaar, toe hulle ‘n $50 miljoen vrag brandstof na die land verskeep het.
