Kom in opstand!

Minister Colin Chabane en die NYDA-voorsitter, Andile Lungisa het tydens ‘n mediakonferensie gepleit dat die privaatsektor meer aktief by werkskepping betrokke raak. “Hierdie beroep is lagwekkend en niksseggend. Dit is juis die ANC-jeugliga waarvan Lungisa die adjunkpresident is, se onverantwoordelike uitsprake en ondeurdagte najaag van nasionalisering wat ‘n ongunstige omgewing vir die privaatsektor in Suid-Afrika

Lees verder: Kom in opstand!

Munisipale wet wat diens verbeter, sloer

Die wetsontwerp wat bedoel is om kundigheid in munisipaliteite af te dwing en partypolitieke ampsdraers verbied om in senior munisipale poste te dien, is nog nie onderteken nie. Nuwe raadslede en burgemeesters van watter politieke kleur ookal wat in die pas afgelope verkiesing aangewys is, sal dus steeds beëdig kan word, al beteken dit hulle

Lees verder: Munisipale wet wat diens verbeter, sloer

Tolhekkostes is glo gekook

Die Vryheidsfront Plus gaan aansoek doen in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om alle dokumentasie van SANRAL/SANPAB te versoek wat sal aandui wat die werklike kostes van die Gautengse snelweg-opgradering sover is en wat die formule is wat gebruik word om die tariewe te bereken. Dit blyk uit ‘n

Lees verder: Tolhekkostes is glo gekook

50 Jaar: SA ‘n ekonomiese reus

Die Republiek van Suid-Afrika het vandag presies vyftig jaar gelede op 31 Mei 1961 tot stand gekom. Suid-Afrika is vandag die ekonomiese reus in Afrika en dit is belangrik om erkenning te gee aan almal wat die afgelope vyftig jaar deur harde werk dit moontlik gemaak het. In die eerste dekade na Republiekwording het Suid-Afrika

Lees verder: 50 Jaar: SA ‘n ekonomiese reus

Weste help Libiese rebelle

Gewapende westerlinge veg op die voorste linies saam met rebelle naby Misrata. Die beeldmateriaal wat deur al-Jazeera vrygestel is, is die eerste oënskynlike bevestiging dat buitelandse spesiale magte ‘n aktiewe rol in die Libiese konflik speel. ‘n Groep van ses het hulself dadelik uit die voete gemaak toe hulle deur die televisie-span opgemerk is. Die

Lees verder: Weste help Libiese rebelle

Britte druk SA in Veiligheidsraad

Suid-Afrika se verteenwoordiger wil glo ‘n resolusie van die Veiligheidsraad om die bloedvergieting in Sirië te stop, kelder sê Britse bronne. Maar die Suid-Afrikaners het dit ontken. Kota Nomfanelo, woordvoerder van Suid-Afrika se permanente missie by die VN, het gesê hulle ondersoek nog die aangeleentheid. ‘n Ontwerp-resolusie, wat die Siriese regering maan tot “uiterste selfbeheersing”

Lees verder: Britte druk SA in Veiligheidsraad

Sarko vir misdade teen die mensdom aangekla

Twee Franse prokureurs het gesê hulle beplan om Nicolas Sarkozy, die Franse president, aan te kla vir misdade teen die mensdom as gevolg van die Navo-militêre veldtog in Libië. Ibrahim Boukhzam, ‘n beampte van die Libiese departement van justisie, het gesê Jacques Verges en Roland Dumas het aangebied om gesinne te verteenwoordig wat slagoffers van

Lees verder: Sarko vir misdade teen die mensdom aangekla