Iran het met Egiptiese amptenare ooreengekom om twee van sy oorlogskepe na die Suez-kanaal te stuur, het Iran se Press TV berig. Die Suezkanaalowerheid sê egter dat nog geen skepe van Iran toestemming verkry het om deur dié waterweg te vaar nie. Die Israeliese minister van buitelandse sake Avigdor Lieberman het gister gesê dat Iran
Zuma kap Mulder oor NP-vergelyking
Zuma het dr. Pieter Mulder, leier van die VF-Plus en adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, berispe nadat hy in sy toespraak vroeër die week die ANC met die NP vergelyk het. “So ‘n vergelyking is jammer en dit behoort reggestel te word,” het Zuma gesê. “‘n Mens kan nie sê die ANC gaan misluk
RA en SEB bly, sê Zuma
President Jacob Zuma het Donderdag gedurende die opvolgdebat ná sy staatsrede, gesê dat die regering nie gaan afsien van sy beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie. “Die ekonomie kan nie vinnig genoeg groei, werk skep of volhoubaar wees as die meeste van ons land se burgers uitgesluit word nie,” het hy gesê.
Roodt vra vir referendum ná Zuma-uitspraak oor ‘Afrikanertuiste’
“Territoriale selfbeskikking vir Afrikaners is so deel van die geskiedenis en politiek in Suid-Afrika soos biltong en beskuit of koeksisters en rooibostee.” Só sê dr. Dan Roodt van PRAAG in sy reaksie op pres. Jacob Zuma se opspraakwekkende stelling dat “die Afrikaner ‘n sielkundige tuiste waar hy veilig is” nodig het. Roodt, wat so pas
Lees verder: Roodt vra vir referendum ná Zuma-uitspraak oor ‘Afrikanertuiste’
VSA onderhandel veto teen Israel
Die VSA het Dinsdag gesê hulle sal ‘n VN-Veiligheidsraadverklaring ondersteun dat Amerika “nie die legitimiteit van voortgesette Israeliese nedersettingsaktiwiteite aanvaar nie,” ‘n skuif wat daarop gemik is om ‘n sterker Palestynse vetoresolusie te omseil. Maar die Palestyne het reeds die Amerikaanse aanbod verwerp ná ‘n vergadering laat Woensdag van Arabiese verteenwoordigers en gesê hulle is
Apartheidmusiek
на кухнелобановский обыск
Hulle stink so lekker want hulle drink so lekker
Sowat 70 tot 80 persent van alle Suid-Afrikaners dui aan dat hulle Christene is. Van die oorblywendes behoort aan godsdienste wat nie net matigheid met die gebruik van alkohol voorskryf nie, maar dit heeltemal verbied. Tog meen die Wêreldgesondheidsorganisasie dat Suid-Afrika nou die vyfde plek ter wêreld beklee as dit kom by die inspan van
Lees verder: Hulle stink so lekker want hulle drink so lekker
Zuma: Afrikaners kan vergeet van ‘n ‘aparte tuiste’
Pres. Jacob Zuma het Woensdag in ‘n onderhoud met Beeld, gesê die Afrikaner moet sy eie Nkandla vind. Zuma se Zoeloe-geboortedorp heet Nkandla. Só ‘n tuiste is nie ‘n staatkundige grondgebied nie, maar ‘n sielkundige tuiste. Hy het gesê alhoewel hy begrip het vir sommige Afrikaners se behoefte aan ‘n eie tuiste, hy nie ‘n
Lees verder: Zuma: Afrikaners kan vergeet van ‘n ‘aparte tuiste’
Die einde van die Europese Westerse Beskawing?
Ek het pas teruggekeer uit die VSA, waar dr Dan Roodt die saak van die Afrikaner en Suid-Afrika se blankes gaan stel het aan verskeie meningsvormers en lede van die Amerikaanse regering. Dit was ‘n uiters waardevolle reis, en ek glo dat ons vele vriende vir ons saak gemaak het. Ten eerste was ons by
Suid-Afrika “presteer” met elmboog lig
“Met armoede en ‘n onvermoë om vir basiese dienste te betaal onder Suid-Afrikaners se grootste probleme, is dit skokkend dat die Wêreldgesondheidsorganisasie die land nou onder die top vyf lande in die wêreld plaas waar alkoholmisbruik ‘n probleem is,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP). “Volgens vroeëre syfers gebruik Suid-Afrikaners per
