Iran stuur 2 oorlogskepe na Suez

Iran het met Egiptiese amptenare ooreengekom om twee van sy oorlogskepe na die Suez-kanaal te stuur, het Iran se Press TV berig. Die Suezkanaalowerheid sê egter dat nog geen skepe van Iran toestemming verkry het om deur dié waterweg te vaar nie.

Die Israeliese minister van buitelandse sake Avigdor Lieberman het gister gesê dat Iran beplan om twee oorlogskepe deur die kanaal na Sirië te stuur, deur die oostelike Middellandse See, teen Israel se kus. Hy het die skuif as ‘n “provokasie” beskryf.

“Dit is bedoel as ‘n duidelike provokasie teen Israel, en is ook ‘n poging deur Iran om die fokus te verander van die feit dat, terwyl Tehran die ondergang van die Egiptiese regering verwelkom, hulle op die oomblik ‘n probleem op die tuisfront ervaar waar ‘n sekere deel van hul eie mense graag wil sien dat die regime ook val, ” het Jonathan Spyer, ‘n politieke wetenskaplike in Tel Aviv, aan Bloomberg gesê.

Kommer dat die onrus in Egipte die kanaal sal ontwrig het oliepryse die hoogte in laat skiet op 2 Februarie. Die 190 kilometer-Suez dra ongeveer 2,5 persent van die wêreld se olie-uitvoere, volgens Goldman Sachs, en is ‘n belangrike roete vir skepe wat Asiatiese verbruikersgoedere na Europa vervoer.

Volgens die reëls wat navigasie deur die Suez beheer – die internasionale reëls – kan geen vaartuig wat deur die Suezkanaal wil vaar, verbied word as daar nie oorlog tussen Egipte en die betrokke land heers nie, het die kanaalowerhede egter laat blyk.

Die skepe is ‘n Britse 1960-era Mk-5 fregat en sy diensvaartuig, volgens Israel se Yedioth Ahronot-koerant.

Lieberman, wat dié opmerkings gemaak het tydens ‘n toespraak in Jerusalem voor Amerikaanse Joodse leiers, het gesê ‘n ander provokasie deur Iran was die Oktoberbesoek aan die suide van Libanon deur Iranse president Mahmoud Ahmadinejad. Die Israeliese minister het Ahmadinejad met Hitler vergelyk in ‘n onderhoud wat in Newsweek in Desember gepubliseer is.

‘n Lid van die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad wat onder presidente Gerald Ford, Jimmy Carter en Ronald Reagan gedien het en Withuisraadgewer gedurende die 1979-81 gyselaarkrisis in Iran was, het in ‘n telefoniese onderhoud gesê: “Sover ek weet, is dit nie ‘n aanval op enige iemand nie. Dit is moeilik om te sien hoe dié twee skepe ‘n bedreiging vir Israel inhou.”

“Die internasionale gemeenskap moet verstaan dat Israel nie vir ewig hierdie soort provokasies kan ignoreer nie,” het Lieberman aan sy gehoor gesê.

инструментов арсеналФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae