RA en SEB bly, sê Zuma

President Jacob Zuma het Donderdag gedurende die opvolgdebat ná sy staatsrede, gesê dat die regering nie gaan afsien van sy beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie.

“Die ekonomie kan nie vinnig genoeg groei, werk skep of volhoubaar wees as die meeste van ons land se burgers uitgesluit word nie,” het hy gesê.

Zuma sê 63% van wit mans beklee steeds die topbestuursposte in die privaat sektor tien jaar nadat die Wet op Diensbillikheid ingestel is.

Daarteenoor beklee swart vroue slegs 3% van sulke posisies en ‘n skamele 1% van bruin en Indiër-vroue.

Zuma het Donderdag gesê die nalatenskap van apartheid kan nie binne 17 jaar reggestel word nie.

“Koloniale verdrukking en apartheid kan nie net uit ons geskiedenis en nasionale diskoers gelaat word nie – net soos wat die Joodse gemeenskap nooit die Jodeslagting (onder Nazi-bewind) sal kan vergeet nie,” het Zuma gesê.

“Ons kan nie maak asof apartheid nie armoede, ongelykheid, onteiening of ongeletterdheid geskep het nie.”

оборудование для автосервиса в рассрочкуалександр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae