Die argument wat Neels Jackson op 7 Februarie in Beeld oor misdaad aanbied, hoewel vroom, is deelagtig in die logika van barbarisme.
Ons weet dat die harmonie van die stam in tradisionale Afrikasamelewings swaarder geweeg het as die regte van ‘n individu of van sy gesin. Volgens liberale antropoloë soos Hammond-Tooke kon ‘n moordenaar, dief of owerspeler maklik vergewe word. Die slagoffer se gesinslede moes met hom en sy verwantes versoen raak, want anders het groepsamehorigheid in die gedrang gekom en kon die stam nie meer as oorlewingseenheid in ‘n vyandige natuur funksioneer nie.
