Die busbestuurder het laat in Mondeor opgedaag. Hy was boonop nie vertroud met die roete nie. Twee wit seuns het probeer om aan hom te beduie hoe om te ry, maar hy wou nie na hulle luister nie. Ander kinders het die bestuurder toe vertel dat hulle laat was en hulle toetse sou mis. Hierna het hy op hulle begin skreeu en onder andere die volgende kwytgeraak: “Hierdie is die nuwe Suid-Afrika en swartmense regeer nou die land.” Nadat hy eers gedreig het om stil te hou en die kinders te slaan, het hy die swart leerlinge beveel om op die bus te bly en die blanke kinders opdrag gegee om in Westcliff-rylaan uit te klim. Hy het aan hulle gesê dat hulle nooit weer op die bus mag ry nie.
