Die Nelson Mandela-gedenksentrum het namens Mandela, die raad van trustees en die personeel hul medelye betuig met die familie van hul voorsitter, prof. Jakes Gerwel. Gerwel het Woensdagoggend in die ouderdom van 66 in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal gesterf. “Ons sal diep verlang na ‘prof’, soos ons liefdevol na hom verwys het,” het die sentrum gesê.
Lees verder: Mandela-stigting sal Gerwel se wysheid, leiding onthou
