Die Franse minister van buitelandse sake Laurent Fabius het aan die parlement gesê dat Frankryk “sal ja sê” wanneer die kwessie by die VN se Algemene Vergadering tot stemming gebring word.
Frankryk, ‘n permanente VN-Veiligheidsraadlid, is die eerste Europese land om ten gunste van die Palestynse status van ‘n waarnemerstaat wat nie lid is nie, te stem.
Die Verenigde State, wat teen die Palestynse bod vir staatskap is, is in die openbaar dit nie eens met Frankryk se skuif nie. Die State Department se woordvoerder Victoria Nuland sê Parys se besluit sal nie die Amerikaanse aanslag van die Palestynse optrede verander nie en dis ‘n “fout”.
“Met betrekking tot Frankryk en ander lande, kan ons natuurlik nie saamstem met ons oudste bondgenoot oor hierdie kwessie nie,” het sy aan verslaggewers gesê. “Hulle weet dat ons nie met hulle saamstem nie. Maar dit is hul soewereine besluit.”
Die Oostenrykse ministerie van buitelandse sake het ook Dinsdag gesê hulle sal die Palestynse bod ondersteun en beweer dat meer as die helfte van die Europese Unie se 27 lidlande vir die voorstel sal stem, het AFP berig.
Intussen, het die Verenigde Koninkryk gesê hulle is gereed om die Palestyne te ondersteun in hul huidige poging om ‘n nie-lidwaarnemerstaat te wees as die Palestyne voldoen aan drie voorwaardes, het The Telegraph berig.
Britse minister van buitelandse sake William Hague het na bewering die Palestynse president Mahmoud Abbas versoek om te onderneem om nie by die Internasionale Strafhof aan te sluit nadat hulle VN-status opgegradeer is nie, om nie aansoek te doen vir volle lidmaatskap by die VN nie en om vrede te onderhandel met Israel sonder enige voorvereistes.
Die Palestynse Owerheid weier om met Israel te onderhandel totdat die uitbreiding van Joodse nedersettings in die besette Wes-Oewer en Oos-Jerusalem gebiede gestaak word.
Donderdag, sal die Palestyne amptelik die Vergadering vra om hul status op te gradeer, aangesien die skuif as ‘n belangrike stap in die rigting van ‘n twee-state-oplossing met Israel deur die meerderheid van die Vergadering beskou word.
Israel maak sterk kapsie teen die bod. Tel Aviv en Washington werk glo saam om die dokument te verander.
Verlede jaar, het Washington sy vetoreg gebruik om ‘n Palestynse bod vir staatskap by die VN-Veiligheidsraad te stuit. ‘n Soortgelyke stap in hierdie geval is onwaarskynlik, want daar is geen vetoreg in die Algemene Vergadering nie.
