Die 66-jarige Gerwel was Dinsdag in ‘n kritieke toestand nadat hy vroeër vandeesmaand ‘n drievoudige hartomleidingsoperasie ondergaan het.
Gerwel het in die laat 1960’s en vroeë 1970’s, betrokke geraak by die Swart Bewussynsbeweging en het gedien as opvoedkundige raadgewer vir die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) in die vroeë 1970’s.
Hy het in Brussel aan die Vrye Universiteit studeer met ‘n Belgiese beurs. Sy politieke betrokkenheid het besware van die universiteitsowerhede uitgelok. Gerwel is in hegtenis geneem deur die polisie tydens die 1980-onderwys boikotte. Hy was reeds toe al ‘n oortuigde Marxis.
Hy het die Universiteit van die Wes-Kaap as ‘n voertuig vir ‘n verandering in Suid-Afrika uitgesonder en die eertydse Afrikaanse instelling terstond verengels. In September 1989, saam met aartsbiskop Tutu en Franklin Sonn, is Gerwel kortliks in hegtenis geneem tydens ‘n optog in Kaapstad se middestad.
Sy middelmatige bydraes en skryfstyl het hy soms as rubriekskrywer van Rapport tentoongestel, waar hy homself onderskei het deur teen wittes uit te vaar.
Gerwel is verkies as ‘n lid van die Wes-Kaapse plaaslike komitee van die ANC in 1991 en na die April 1994-verkiesing is hy gevra om die pos van Direkteur-generaal in die kantoor van die Staatspresident Nelson Mandela te beklee.
Gerwel was voorsitter van Media24 en verskeie maatskappye en opvoedkundige trusts. Hy het in 2004 met sy aanstelling as voorsitter van SAA ‘n roete na Saoedi-Arabië ingestel wat dit moontlik gemaak het vir Moslems om direk te kan vlieg na die Hadj, ‘n Moslemfees.
Gerwel, wat afgedank is as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, maar steeds as ‘n direkteur van Nasionale Pers aangebly het, het in 1989 in trane uitgebars toe hy die skouspel van die vallende Berlynse muur op die televisie gadegeslaan het.
Hy was ook ‘n direkteur-generaal in die kantoor van oudpres. Nelson Mandela. Begrafnisreëlings sal later volg.
