Aardverwarming uit ‘n skeptiese oogpunt gesien

Dit is redelik veilig om te sê dat die aarde besig is om warmer te word. Wat wel pure raaiwerk is, is dat die aarde warmer word as gevolg van menslike aktiwiteit en spesifiek kweekhuisgasse wat deur menslike aktiwiteit vrygestel word. Mens hoor dikwels hoe die pole besig is om te smelt, maar in die

Lees verder: Aardverwarming uit ‘n skeptiese oogpunt gesien

VF Plus wil aanhou veg vir Pretoria

“Die VF Plus is bly dat die vorige hofbevel oor die Pretoria-straatnaamkwessie nog staan,” sê mnr. Jaco Mulder, LPW en Provinsiale Leier vir die VF Plus in Gauteng, na die uitspraak van regter Pathudi in die Hooggeregshof in Pretoria. Regter Pathudi het egter vandag in die Hooggeregshof in Pretoria die aansoek van die Tshwane Metroraad

Lees verder: VF Plus wil aanhou veg vir Pretoria

Malema gaan vir Nedbank ‘n les leer

Die ANC-jeugliga wil swart Suid-Afrikaners mobiliseer om hul Nedbankrekeninge toe te maak indien die banke in gebreke bly om die borgskap wat dit onlangs van Atletiek Suid-Afrika onttrek het, weer in te stel, het die liga se president Julius Malema Maandag gesê. “Toe ons Nedbank se senior bestuurders gebel het om die saak met hulle

Lees verder: Malema gaan vir Nedbank ‘n les leer

Zim-dollar gaan nie gou terugkeer

Zimbabwe se minister van finansies, Tendai Biti, het gedreig om te bedank as hy gevra sou word om die Zim-dollar, wat nie meer gebruik word nie ten einde verdere hiperinflasie te keer, weer te sirkuleer. “As iemand my sou vra om die Zim-dollar terug te bring, sal daar ‘n vakante pos op die sesde verdieping

Lees verder: Zim-dollar gaan nie gou terugkeer

Johannesburg sonder water

Verskeie gebiede in Johannesburg sal dié week sonder water wees as gevolg van werk om waterinfrastruktuur te verbeter, het Johannesburg Water Maandag gesê. Die gebiede wat geraak word is Northcliff, Parkmore, Gallo Manor en Randburg. Die watertoevoer na Northcliff se Lucky- en Joseph-laan sal op Dinsdag tussen 09:00 en 15:00 afgesny word. Dieselfde sal Woensdag

Lees verder: Johannesburg sonder water

Nog diensleweringsgeweld

Ses mense is in Palm Ridge naby Katlehong in hegtenis geneem tydens ‘n protesaksie oor swak dienslewering in dié gebied. Volgens sersant Obakeng Tsomane van die Suid-Afrikaanse polisiediens het inwoners net ná middernag begin betoog teen die gebrek aan elektrisiteit, toilette en water. Hulle het klippe en brandende bande gebruik om paaie te versper. Tsomane

Lees verder: Nog diensleweringsgeweld

Koerant onthul rede vir sluiting van VSA-kantore

Die Sunday Tribune het onthul dat die sluiting van Amerikaanse regeringskantore in Suid-Afrika te wyte was aan dreigemente van ‘n groep Somaliese terroriste. Die VSA het selfoongesprekke afgeluister waarin gedetailleerde aanvalsplanne teen Amerikaanse belange bespreek is. Dit is nie duidelik of ‘n besoek van president Barack Obama vir die amptelike opening van die Wêreldbekersokkertoernooi ook

Lees verder: Koerant onthul rede vir sluiting van VSA-kantore

SA se tronke kan ‘ineenstort’

Oorbevolkte Suid-Afrikaanse tronke is by die punt dat die “hele infrastruktuur so oorlaai is dat dit inmekaar kan stort”. Die land se tronke is ontwerp om net 114 000 gevangenes te hou, maar moet tans 160 000 hou, met 500 000 mense wat boonop jaarliks deur die tronkstelsel beweeg. Elke gevangene kos die staat R72

Lees verder: SA se tronke kan ‘ineenstort’