Verskeie gebiede in Johannesburg sal dié week sonder water wees as gevolg van werk om waterinfrastruktuur te verbeter, het Johannesburg Water Maandag gesê.
Die gebiede wat geraak word is Northcliff, Parkmore, Gallo Manor en Randburg.
Die watertoevoer na Northcliff se Lucky- en Joseph-laan sal op Dinsdag tussen 09:00 en 15:00 afgesny word. Dieselfde sal Woensdag in Salero- en Beyers Naude-rylaan gebeur.
Parkmore word op 20 Oktober geraak en strate wat tussen 09:00 en 16:00 wateronderbrekings sal ondervind is, 14de-, Olympia-, Virginia- en 15de-straat.
Gallo Manor se Crussullallaan is op 21 Oktober sonder water.
Gebiede wat watertekorte op 28 Oktober tussen 08:00 en 16:00 gaan ondervind is, Northgate, Banbury, Northwold, die Sharonlea-winkelsentrum, Sundowner, Olivedale, Bushhill, Bellair, Boschkop, Olivenhoutspoort, Kya Sands, Boschkruin, Golden Harvest, Noorhang, Honeydew en Bloubosrand.
Johannesburg Water het verskoning aangebied aan inwoners en sê watertenke sal in dié gebiede ontplooi word.
Meer inligting is beskikbaar op Johannesburg Water se webwerf; of skakel die maatskappy se 24-uur-hulplyn by (011) 688 1500.
