Collins Chabane, minister in die presidensie, is as hoof van ‘n inter-ministriële komitee aangewys na die Marikana-massaslagting waarin 34 mynwerkers dood is, het die presidensie Sondag gesê. Ander lede wat aangewys is om op die komitee te dien, sluit in Thandi Modise, premier van die Noordwes-provinsie, Susan Shabangu, die minister van minerale hulpbronne, Nathi Mthethwa,
Lees verder: Chabane lei ondersoek na Marikana-massaslagting
