Woolworths-werkers eis die begin van onderhandelings oor 'n erkenningsooreenkoms, debietorderfasiliteite en toegang tot die maatskappyperseel om wettige vakbondbesigheid te bedryf.
Hulle het gesê die maatskappy hou aan met sy taktiek om Saccawu-lede te intimideer.
'n Opmars deur die strate van Johannesburg is verlede week gehou.
Woolworths sê Saccawu het minder as 15% verteenwoordiging en hulle glo nie dit is genoeg nie.

Die platinumgroepmetale wek min begrip maar daarsonder kan die wêreld nie funksioneer nie, sê platinummynbaas Brian Gilbertson.
Die Inkatha-vryheidsparty ondersteun sy leier Mangosuthu Buthelezi se verwerping van samesmelting met die ANC.
Miljoene mense is besig om in krotbuurte buite stede en dorpe regoor die land in te trek.