Stootskraper maak amok

'n Werknemer van die 44-jarige Neels Loubser, 'n uitvoerende direkteur van die Letaba-landgoed buite Tzaneen, het oor die naweek berserk geraak agter die stuur van 'n stootskraper.

Ná 'n besoek aan die sjebien en moontlik onder die invloed van dagga het hy chaos veroorsaak.

Hy het deur 'n elektriese heining en 'n motorhuis gery. Toe het hy sy werkgewer se vrou se motor met die stootskraper opgelig terwyl sy en haar twee dogters nog binne was.

Sy het uitgeval en moes 'n operasie aan haar linkerbeen ondergaan aangesien sy ernstig in die aanval beseer is.

Dogters het veilig weggekom.

Die man staan nou tereg op 'n klag van poging tot moord.

справку оФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae