In 'n besluit wat deur die party se jaarkonferensie in Uludi aangeneem is, sê Inkatha dat hy en die ANC as mededingende politieke bewegings moet voortgaan.
Hulle het gesê dat daar geen samesmelting met die ANC of enige ander politieke party hoegenaamd sal wees nie.
Die toenadering tot die IVP is deur die ANC-president Jacob Zuma gesoek.
Hy het gesê dat so 'n stap blywende vrede in die provinsie sal bewerkstelling, veral in die aanloop tot aanstaande jaar se algemene verkiesing,

Die Inkatha-vryheidsparty ondersteun sy leier Mangosuthu Buthelezi se verwerping van samesmelting met die ANC.