Wetenskaplikes by die Universiteit van die Witwatersrand het Woensdag ‘n nuwe spesie dinosourus aangekondig. “Dit is een van die groot juwele wat Suid-Afrika het,” het dr. Adam Yates van die Bernard Price instituut vir Paleontologie navorsing gesê. Aardonyx Celestae word geskat as tussen 183 en 195 miljoen jaar oud en sowat 7m lank. Volgens Yates
Internasionale Mandela-dag afgekondig
Die Verenigde Nasies (VN) het Dinsdag gedurende hul algemene vergadering 18 Julie as die “Internasionale Nelson Mandela-dag” verklaar om erkenning te gee aan sy bydrae tot vrede. Die 192 lede van die wêreldliggaam het ‘n beroep gedoen op alle lande om vanaf 2010 Mandela se verjaardsdag (18 Julie) te herdenk en sodoende eer te bring
Lang stryd lê voor met geskorste kommissaris
Daar lê glo ‘n “lang stryd” vir die geskorste nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste voor, het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van dié department gesê. Mapisa-Nqakula het vir lede van die departement se portefeuljekomitee gesê dat ‘n dissiplinêre verhoor teen Xoliswa Sibeko tot einde November uitgestel is. Sibeko word daarvan beskuldig dat hy eiendommme
Landbank-korrupsie ‘gaan baie groter nagevolge hê’
Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoek-eenheid van die nasionale vervolgingsgesag, het Woensdag gesê dat die ondersoek na korrupsie by die Landbank “baie groter nagevolge” gaan hê as wat aanvanklik gedink is. Hofmeyr is besig met ’n ondersoek waar daar na bewering meer as R100 miljoen van die Landbank se fondse gebruik is vir die
Lees verder: Landbank-korrupsie ‘gaan baie groter nagevolge hê’
Padtoets! Chevrolet Cruze bied weelde én waarde
Ons motorredakteur, André Olivier, het ‘n paar dae met ‘n Chevrolet Cruze wat deur GM Suid-Afrika aan PRAAG geleen is, deurgebring. Hier is sy indrukke. Ná al die drama wat die afgelope 12 maande reg oor die wêreld in verskeie ekonomieë ondervind is, het daar ‘n vars briesie by ons deur ingewaai. General Motors was
Lees verder: Padtoets! Chevrolet Cruze bied weelde én waarde
Mmm, blomkool!
{jathumbnail off} ‘n Louwarmslaai wat by kamertemperatuur net so lekker smaak. Plaas ‘n kleinerige blomkool in fleurette gebreek in ‘n oondpannetjie en bedrup met olyfolie. Bak vir 10 tot 15 minute tot sag. Roer dan 1 of 2 vars rooirissies gekap – of ‘n knypie rooipeper as jy nie van brandkos hou nie – ‘n
‘Polisie mag nie op onskuldige mense skiet nie’
Die dood van ‘n drie-jarige kleuter wat glo deur ‘n skietmal-polisieman doodgeskiet is, was “pure misdaad”, het Bheki Cele, die nasionale polisiekommissaris se woordvoerder luidens ‘n verklaring gesê. “Mense hoor wat die kommissaris juis nie sê nie,” het Nonkululeko Mbatha gesê. “Wat (Cele) gesê het, is dat lede van die polisie beslissend en na gelang
Lees verder: ‘Polisie mag nie op onskuldige mense skiet nie’
Zuma ‘eerste in die ry vir Vigstoets’
’n Reuse-veldtog word beplan om mense aan te moedig om hulself vrywillig vir MIV/vigs te toets. Pres. Jacob Zuma sal “die eerste een in die ry wees”. Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het aangekondig dat Suid-Afrika die wêreld se grootste teenvigsveldtog van stapel wil stuur. “Lede van die kabinet moet strategiese leierskap toon, en
Zuma beste Afrikapresident vir 2009
President Jacob Zuma is vereer met die toekenning vir die beste president van Afrika vir 2009. Die toekenning is Dinsdagaand gedurende ‘n seremonie in Sandton aan hom oorhandig. Die toekenning is deur die African Consciousness Media en die Kenneth Kaunda Stigting gestig vir die erkenning van Afrikaleiers. “Die toekenning is ‘n gepaste manier om hulde
Nog ‘n ma deur polisie verkrag
Nog ’n jong ma, 29, van ’n 18 maande oue seuntjie het gister gesê sy is nie meer ’n mens nie, nadat ’n polisieman haar na bewering verkrag het terwyl sy by die Rustenburg-polisiekantoor aangehou is, berig Beeld. Sy is in die selle toegesluit maar wou badkamer toe gaan. ’n Polisieman het haar vergesel. In
