Ramphele: Mandela moes 2 termyne dien

Suid-Afrika sou ‘n beter land wees indien Nelson Mandela vir ‘n tweede termyn as president gedien het, het dr. Mamphela Ramphele, Agang-leier, Donderdag gesê. “Ek dink as ons die goeie geluk van Mandela vir twee termyne gehad het, sou ons ‘n beter kans gehad het, want hy was ‘n toegewyde demokraat,” het sy gesê. “Ek

Lees verder: Ramphele: Mandela moes 2 termyne dien

Twee rand metropolisielid aan

Twee broers is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n metropolisiebeampte van Germiston aangerand het, het die Ekurhuleni-metropolisie gesê. Hoofsupt. Wilfred Kgasago het gesê die beampte is Woensdagaand aangeval toe hy die mans in hegtenis wou neem. Dwelms is glo in hul besit gevind. “Metropolisiebeamptes het ‘n man buite ‘n internetkafee genader. Dwelms is

Lees verder: Twee rand metropolisielid aan

SA se lewensgehalte beter sê Zuma

Suid-Afrikaners se lewensgehalte het met die koms van demokrasie geweldig verbeter, het pres. Jacob Zuma Donderdag aan buitelandse diplomate gesê. “Ons het ons belofte nagekom om ‘n beter lewe vir almal te skep. Ons het die lewensgehalte van ons mense verbeter,” het Zuma gesê nadat hy briewe van geloofwaardigheid van ambassadeurs en hoëkommissarisse ontvang het.

Lees verder: SA se lewensgehalte beter sê Zuma

Onderwyser wat Malema langs bobbejane uitstal, geskors

‘n Onderwyser by ‘n Bloemfonteinse skool is geskors ná gerugte van rassisme het RSG Donderdag berig. Die bewering teen die onderwyser, by Wilgehof Primêre Skool, is gemaak deur Craig Thiem, die pa van twee kinders, tussen die ouderdomme van 12 en 13, wat die enigste wit leerlinge by die skool is. Amptenare van die departement

Lees verder: Onderwyser wat Malema langs bobbejane uitstal, geskors

Die mite van Soweto, 1976

Soweto 1976, word voorgehou as ‘n opstand teen Afrikaans. Dit was egter die uitkristallisasie van ‘n lang proses waarin belangrike feite van wat op 16 Junie 1976 in Soweto gebeur het, sistematies uit die openbare geheue uitgewis is, terwyl ‘n kragtige mite op die asse daarvan staangemaak is: dié van ‘n heroïese opstand teen ‘n

Lees verder: Die mite van Soweto, 1976

Amcu staak vir meerderheidsvakbond-plek

Die mynwerkersvakbond AMCU sal Woensdag met ‘n beskermde staking begin, indien Lonmin hom nie tot die meerderheidsvakbond by die myn verklaar nie. Die besluit is Woensdagaand op ‘n massavergadering geneem wat deur die president van die vakbond, Joseph Mathunjwa, bygewoon is. Mthunjwa sê hulle sal Lonmin oor hulle besluit inlig, en hulle 48 uur tyd

Lees verder: Amcu staak vir meerderheidsvakbond-plek

Obama kies herdenking van 16 Junie-geweld vir SA-besoek

President Barack Obama van die VSA sal Suid-Afrika vir die eerste keer as President besoek te midde van vieringe op 16 Junie wat die opstande in Soweto herdenk. Die opstande word voorgehou as ‘n opstand teen Afrikaans as skooltaal. Die besoek vorm deel van sy drienasietoer om Amerikaanse betrekkinge met Afrika Suid van die Sahara

Lees verder: Obama kies herdenking van 16 Junie-geweld vir SA-besoek

Burgemeester vas vir dronkbestuur

Mahole Simon Mofokeng, burgemeester van Sedibeng, is in hegtenis geneem ná hy na bewering onder die invloed van drank bestuur het. Mofokeng het glo in ‘n ander motor vasgery terwyl hy ‘n hotel in Vanderbijlpark verlaat het, het The Star Donderdag berig. Mofokeng het volgens die berig Dinsdagaand agter tralies deurgebring. Brig. Neville Malila, woordvoerder

Lees verder: Burgemeester vas vir dronkbestuur

Sirië behaal belangrike oorwinning

Die slag van die belangrike Siriese grensdorp Koesar is beslis: Die Assad-regime het ‘n oorwinning oor die Al-Kaida-rebelle behaal wat intussen aangekondig het dat hulle sal onttrek. Min stede in Sirië is strategies so belangrik soos Koesar, op die grens met Libanon. Vir ‘n jaar het die rebelle beheer van die stad met sy 30.000

Lees verder: Sirië behaal belangrike oorwinning

Kulturele selfbeskikking eerste doelwit

Flip Buys (Beeld, 4 Junie) bied ‘n onbevredigende siening van Afrikanerselfbeskikking as ” ‘n soort strategiese risikobestuursplan” aan. Die Afrikaner-geskiedenis word egter deur ‘n vryheidstrewe gekenmerk: godsdiens-, handels- en kulturele vryheid. Daar heers konsensus oor ons “foute van die verlede”: Linkse Afrikaners glo dat apartheid nooit moes bestaan het nie en regse Afrikaners meen dat

Lees verder: Kulturele selfbeskikking eerste doelwit