Kibera, Nairobi: Afrika se grootste krotbuurt
Volgens ’n onlangse verslag van die Verenigde Nasies (VN) se Bevolkingstigting groei die getal stedelinge in Asië en Afrika weekliks met ’n ongelooflike een miljoen nuwe aankomelinge. Binne die volgende dertig jaar gaan die getal stedelinge op hierdie twee vastelande verdubbel, wat onvermydelik tot ’n behuisingskrisis gaan lei.
Die VN meen dat hierdie snelle verstedeliking ”’n verandering in denkwyse“ noodsaak, maar meen ook dat dit ”’n ongelooflike geleentheid“ bied. Op die platteland staan vroue ’n veel groter kans om tydens kindergeboorte te sterf as in die stede (1 uit 10 sterftes in Asië en Afrika teenoor 1 uit 10 000 in Europa). In krotbuurte neem hierdie risiko af, omdat dit makliker is om by ’n dokter of hospitaal uit te kom. Dieselfde geld vir ernstige siektes soos vigs, aldus die VN.

Lees verder: Krotbuurte gaan toeneem