Die Nederlandse regering kan dalk soldate vir vredesoperasies na Afrika stuur. Die drie lande wat oorweeg word, is Soedan, Somalië en die DRK. Die Nederlandse oggendkoerant Algemeen Dagblad berig dat die Nederlandse minister van ontwikkelingsamewerking Bert Koenders die premier, Jan Peter Balkenende, in die geheim oor die aangeleentheid ontmoet het. Twee vise-premiers, Wouter Bos en
Selebi se persoonlike vleismes
Dis dikwels die klein besonderhede in nuusberigte wat meer interessant is as die berig self. Gister berig Talk Radio 702 oor Jackie Selebi se verhoor. Tydens die berig noem die verslaggeefster dat Selebi dikwels by ‘n restaurant in Melrose Arch gaan eet het, en dat hy sy eie persoonlike vleismes daar het. Melrose Arch is
Watergateslaai
{jathumbnail off} ‘n Leser het hierdie resep vir Watergateslaai aangestuur. Nooit geweet daar is kos uit politieke inspirasie geskep nie. Dis eintlik ‘n poeding, soet en nie vir die gesondheidsbewustes nie! As die politiek hier ter plaatse resepte gaan oplewer, kan ‘n mens net raai wat dit gaan wees. ‘n Gereg uit die oudste swart
Slagting onder boere neem toe
Terwyl die wêreld se oë op die sterftesyfer in die konflikteater in Afghanistan gerig is, het ‘n meer opspraakwekkende dodetal aan die lig gekom in ‘n land wat veronderstel is om voorspoed en vrede te beleef. Uit statistieke van die landbou-organisasie TLU SA blyk dit dat 91 Britse soldate vanjaar in die oorloggeteisterde Afganistan dood
Voertsek!
{jathumbnail off} сколько стоит поставить брекеты ребенкупрокурор Фильчаков
Suid-Afrikaner wen wêreldargitektuurprys
’n Suid-Afrikaanse argitek, Peter Rich van Johannesburg, het die prys vir die beste gebou ter wêreld ingepalm. Hy is by die wêreldargitektuurfees-prysuitdeling in Barcelona, Spanje, vir die ontwerp van sy Mapungubwe-interpretasiesentrum in Limpopo vereer. Sy wenstruktuur is digby die samevloeiing van die Limpopo- en die Sheshe-rivier in die Mapungubwe- Nasionale Park opgerig vir die artefakte
Gaurtrein loop dalk in Desember
Die Gautrein kan dalk al teen Desember op die spoor by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park te sien wees. Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, het verlede week die eerste keer op die 7 km lange toetsspoorlyn in Midrand ‘n rit van 160km/h op een van die treine geneem. Dit is egter nog nie seker of
Breë konsensus dat regbank moet verswart
Sandile Ngcobo, nuwe hoofregter, het Woensdag gewaarsku dat die regbank erg skade kan ly wanneer die uitvoerende gesag “onbeheerste kritiek” teenoor die regbank uitspreek. Hy het ’n gesamentlike sitting van die parlement toegespreek. Pres. Jacob Zuma het die gesamentlike sitting byeengeroep om Ngcobo te verwelkom en van afgetrede hoofregter Pius Langa afskeid te neem. “Spanning
Krygkor-HUB gevra om te gaan
Die raad van Krygkor het die HUB Sipho Thomo gevra om te gaan, maar hy weier. Raadsvoorsitter Popo Molefe het Woensdag aan ‘n portefeuljekomitee van die parlement gesê dat hy Thomo verlede week gevra het om te bedank en hom drie dae gegee het om die saak te oordink. Hy het die komitee toegespreek nadat
Foltering kan ter sprake kom in Bennett-saak
‘n Regter het gesê dat aantygings dat die hoofgetuie in die Roy Bennett-saak gemartel is, in die saak ter sprake kan kom. Die regter het ‘n versoek dat die verdediging verbied word om te argumenteer dat ‘n wapenhandelaar, wat die hoofgetuie teen Roy Bennett is, gemartel is totdat hy skuld erken het en ander by
